Pick your preferred language

English

Afrikaans

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.

Colesberg, Noord-Kaap

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Die OK-minimark is fantasties - skoon en rakke vol vars produkte. Personeel vriendelik en behulpsaam. Die Plattelander Restaurant kan verseker aanbeveel word vir heerlike etes en warm atmosfeer. Die dorp is skoon en sommer pragtig."

Kuruman, Noord-Kaap

Safari Travelodge

"Ons het verneem dat Kuruman nie meer veilig soos 'n tipiese klein dorpie is nie. Dis baie jammer dat dit verander het."

Die Rand, Noord-Kaap

Stiltevrede

"Slegs vir oornag."

Augrabies, Noord-Kaap

Augrabies Valle Guesthouse

"Augrabies is 'n fantastiese bestemming, en vir die natuurliefhebber is dit 'n moet!"

Augrabies, Noord-Kaap

The Quiver Tree Guesthouse

"Sal baie graag langer hier wou vertoef! "

Keimoes, Noord-Kaap

Kokerboom Lodge

"Klein dorpie, maar vriendelike mense."

Kuruman, Noord-Kaap

Azalea Guest House

"Kuruman self het baie opknapping nodig. Die Moffat Museum is pragtig, atmosferies, en ongelooflik histories. Onlangs gerestoureer. Definitief die moeite werd om dit te besoek. Daar is 'n probleem van diefstal in Kuruman, so wees maar bewus van jou omgewing. Die nuwe Checkers Mall is aangenaam om te besoek."

Richmond, Noord-Kaap

Be Blessed Selfcatering

"Ek en my vrou het die aand by die restaurant: "Die Krip" gaan eet. Ek was teleurgesteld om in die middel van die Karoo 'n skaapnekvleisdis te bestel en nie die Karooskaap te kon proe nie. My vrou se T-been steak was heerlik sag en presies gaargemaak soos sy dit wou hê."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Oranjerivier is enig in sy soort in RSA. Geniet dit orals langs rivier. Kalahari ook uniek. Weer goed. Kan somer, winter en lentevakansie daar geniet."

Rhodesdene, Noord-Kaap

Dankie Pa Guest House

"Keep up the good work team. "

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Hier vind jy jouself weer!"

Springbok, Noord-Kaap

Kliprand Guesthouse

"Ons het baie lekker geëet by die Tauren Steakhouse in die dorp."

Augrabies, Noord-Kaap

The Quiver Tree Guesthouse

"Het nie lank oorgebly nie, net die Waterval besoek. Augrabies Nasionale Park word goed bestuur. Restaurant is heerlik om by te eet. "

Colesberg, Noord-Kaap

Linda's Guest House

"Lekker oorslaapbestemming tussen Limpopo en die Kaap."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Honne-Hemel: Oubaas

"Hondeklipbaai is nie vir die ou wat hou van 'n gewemel van mense om jou nie. Dis 'n klein kusdorpie met uiters min inkopiegeleenthede, so pak als wat jy benodig. Die mense is vriendelik en behulpsaam en daar is 'n paar restaurante vir so bietjie uiteet uit die boonste rakke. Los jou groot beursie by die huis, want mens raak maklik verlief op die plek en voor jy jou oë uitvee koop jy dalk jou eie stukkie grond daar. Dis 'n absolute moet vir enige reisiger."

Colesberg, Noord-Kaap

Spes Bona Guesthouse

"Colesberg het nogal karakter en bestaan nie slegs uit 'n "one stop" langs die hoofweg nie, ry in, gaan kyk, eet by Die plattelander en gesels met die mense op die dorp."

Augrabies, Noord-Kaap

The Quiver Tree Guesthouse

"Ons het net die Augrabies Waterval besoek. Dit was in die geheel 'n baie positiewe ervaring en redelike waarde vir geld."

Colesberg, Noord-Kaap

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Die paaie rondom Colesberg sal seker binnekort klaar wees en die hoofstraat het in my opinie heeltemal te veel informele besighede in...dit doen vir my afbreek aan die mooi dorpie wat dit eens op 'n tyd was!"

Hartswater, Noord-Kaap

The Venue

"Bean is die plek om te wees! Heerlikste steak wat ons nog ooit geëet het. Sal almal aanbeveel om daar 'n draai te maak."

Colesberg, Noord-Kaap

Linda's Guest House

"Halfweg verblyf met pragtige geboue."

Port Nolloth, Noord-Kaap

The Beach House and Cottage

"Karaktervolle dorp. Vol rowwe diamante. Maak gerus 'n draai by die museum en gesels met George, dit is priceless."

Calvinia, Noord-Kaap

Tarantula Guesthouse

"'n Pragtige dorpie wat heelwat beter in stand gehou word as die meeste ander plattelandse dorpe. Geleë in 'n pragtige omgewing."

Upington, Noord-Kaap

Gemütlich Guest House

"Ons ervaar die dorp meer as 'n deurgangsroete en het nie tyd spandeer in die dorp self anders as oorslaap nie."

Calvinia, Noord-Kaap

African Dawn B&B

"Netjiesste en skoonste dorpie wat ek in 'n lang ruk gesien het. Geluk aan die stadsvaders."

Colesberg, Noord-Kaap

The Barracks

"Halfpad op my reis en dus baie gerieflike plek om oor te bly."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Dit was ons eerste ervaring en besoek en sal dit in die toekoms weer oorweeg om langer tyd in die Noord-Kaap te spandeer."

Colesberg, Noord-Kaap

Nanna Rous' Town House

"Pragtige stil dorp waar mense vir 'n week kan kom rus."

Calvinia, Noord-Kaap

Katryns

"Die enigste eetplek wat oop was vir die aand was die by die hotel wat n gangbare maar baie duur spyskaart het."

Blad
Blad 247 - Wys 7381 tot 7410
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang