Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Aan de Heuvel Self-Catering Cottages"Ons is mal oor Swellendam. Op hierdie toer het ons min tyd in Swellendam self gespandeer, want Swellendam is baie sentraal en ons het dit as basis gebruik vir dagtoere na Malgas, Barrydale, Riversdale en die Robertson-wynroete. As jy net een keer gaan uiteet, maak dit Die Drostdy. Manjifiek! Heerlike kos, lekker wyn en die vriendelikste eienaar- en kok-kombinasie suid van die ewenaar! Die dorp self is so cottagy cute, dat jy sommer net van een straat na die ander kan dwaal en jou verkyk aan die pragtige ou huise en tuine. As Melkbosstranders, is dit lekker naby genoeg vir 'n twee-nag-kuier. Ons sal beslis terugkom."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
83 Dassen Island"Die dorp is skoon en rustig. Lekker veilig om rond te loop en baie drawwers, oud en jonk op straat dus geskik vir buitelewe."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Marlyn and Dolfyn Self-catering"Probleem met die kreefverkopers, is baie lastig. In geheel 'n uitstekende vakansiebestemming. Asemrowende sonsondergange. Lieflike strand. Goed geleë restaurante."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
La Baleine Beach House Collection"Always perfect destination because of the variety of restaurants and coffee shops in that little village."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Da Rooms Accommodation"Nice town with lovely people. Got everything I needed without any struggle."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Kiewiet"Matigheid voor oë en jy geniet elke oomblik van hierdie plek."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Arniston Cottage"Bedelaars, smouse en dwelmmisbruik raak 'n probleem."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Perriwinkle Self-catering Accommodation"Gaan eet gerus by Eileens en geniet. Lekkerste, vars hake en chips ooit."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Raaswater"Yzerfontein is 'n klein dorpie met onbeskryflike uitsigte."
"Pragtige, geskiedkundige plekkie, veral Kerkstraat is baie mooi. Die hoofstraat is baie besig en oorbevolk. Andersins word die dorpie mooi na omgesien."
Malmesbury, Ontsnap Uit Kaapstad
Dassenheuwel Farm Stay"One of the cleanest towns we ever came across."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Cyara"Baie plekke in die omtrek vir voëlkyk: Harold Porter Botaniese Tuine, Stony Point, Kogelberg Natuurreservaat, Rooisand Bird Hide in buurtdorp Kleinmond om 'n paar te noem."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Green Street Apartment"Vir my persoonlik is Hermanus te besig en ek verkies die buitewyke, daarom het ons Onrus gekies."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Gilcrest Place Guest House"Baie oulike plekkie, net jammer dis baie duur en die ou kunswinkeltjies en so het baie aandag nodig! Al die goedjies om te koop is duur en baie van die winkels was vuil en het baie stof. My gunsteling was die Gaaitjie resturant! 10/10!"
"Elgin is uitstekend as 'n toeristebestemming, maar Grabouw self het min aantreklikehede vir toeriste. Baie reisplekke in die omliggende omgewing."