Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6660 reviews.
"Jeffreys Bay is een mooie plaats met mooie stranden. Wil je uit eten ga da naar Kitchen Windows, leuk restaurant, lekker eten. Wel van tevoren reserveren."
"Despite it being a fairly big town, it still had the old nostalgic and historical feel and offered many tourist activities, good food (including nice coffee shops)."
"Dit is 'n interessante ou dorp met baie ou geboue wat redelik goed instand gehou word. Dit is baie rustig met 'n mooi omgewing. Moet nie alle geriewe van groter dorpe verwag nie maar die belangrikste is beskikbaar en daar is 'n paar goeie eetplekkies om van te kies. Die ideale plek om rustig te wees en te rus."
"Die paaie in en uit Nieu-Bethesda is alles grondpad, en mens kan nie vinnig ry nie. Jy ry deur wildreservate so mens sien heelwat wild. Daar is terug nie 'n vulstasie of OTM nie, so wees voorbereid."
"Nasionale paaie is meestal in 'n goeie toestand, maar sekondêre paaie en roetes deur dorpies is nie in goeie toestand nie. Reis met 'n vol tenk (en gebottelde drinkwater!) as jy nie op die hoofroetes gaan bly nie, want dorpies is ver uit mekaar en jou voorkeur vulstasie is dalk nie altyd beskikbaar nie. Port Alfred is n besoek werd. Die kleiner dorpies en-route bied nie werklik veel vir die besoeker, maar hier en daar is n besonder goeie padstalletjie met keurige maaltye in oulike restaurantjies en geskenke/produkte te kies en te keur ( bv voor én ná Ficksburg)"
"Ons gaan beslis weer St. Francisbaai toe, maar sal sommer ons hele vakansie daar bly. "
"Jeffreysbaai is sentraal genoeg om die volgende as daguitstappies aan te pak: 1. Baviaans kloof vanaf Patensie na Uniondale. 2. Stormsriviermond en 3. Wolf sanctuary, bird of Eden en Monkey land."
"So baie eetplekke, mens weet nie waar om te begin nie, en so baie snuistery plekkies. Die winkelsentrum is nie groot nie maar pragtig en het alles wat jou hart begeer. Die luminous putt-putt baan is absoluut pragtig."
"Heerlike strande en restaurante en 'n klein winkeltjie wat draairoomys verkoop. Dis mos vakansie!"
"Pragtige dorpie, netjies en skoon. By die vulstasie en kafee praat almal vriendelik Afrikaans, en voel jy sommer tuis. Tog is daar ook maar geweld."
"Cradock se inwoners is vriendelike mense en almal het ons gegroet maar die dorp het min aantrekkingskrag as gevolg van agteruitgang. Een dag se kuier was meer as genoeg vir ons."
"Kan aanbeveel word net as jy bereid is om 60 km baie slegte grondpad te ry."