Resensies van Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.31 uit 5 gekry volgens 2707 resensies.
Lynette R. - 7th November 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaff-Reinet het my verras! Ons het die hele dorp deurgeloop en ons verkyk aan die mooi gerestoureerde huisies, die interessante koffieplekkies en snuisterywinkeltjies. Die dorp is skoon en tuine is netjies. Die inwoners is almal so vriendelik, en selfs die skoolkinders op hul fietse het ons gegroet! Ons sal moeite doen om volgende keer in Graaff-Reinet oor te bly en nie net deur te ry na ons bestemming nie.
Neels H. - 6th November 2016
staying in Oviston , Oos-Kaap
Myns insiens is Oviston baie gerieflik as 'n oornaggeleentheid.
Enrike V. - 4th November 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Moenie die Vallei van Verlatenheid misloop nie!
Mardene V. - 3rd November 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Stukkie hemel op aarde! Beste plek om af te skakel en al die skoonheid te geniet.
Wayne L. - 3rd November 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Nice and relaxing. Was a bit dry in Zebra Park but that's the Karoo. Everything close by: shops, parks and churches. Just loved it.
Jacob Solomon C. - 2nd November 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
Situated on the banks of the Sondagsrivier, close to a popular pub for lunches and with a shopping centre in close proximity.
Odette O. - 2nd November 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Die dorp is skoon en baie vriendelik
Dwight H. - 2nd November 2016
staying in Mthatha, Oos-Kaap
The roads in the CBD need to be improved, as well as driving in general.
Gerard B. - 1st November 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Kroon van die Karoo.
Izak (dawie) V. - 1st November 2016
staying in Patensie, Oos-Kaap
Dit is 'n pragtige deel van ons land en die moeite werd om te besoek.
Petro V. - 31st October 2016
staying in Kirkwood, Oos-Kaap
Dit is 'n baie mooi dorp, met baie aktiwiteite!
Andre N. - 27th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Sal graag daar wil bly.
Jurie M. - 27th October 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar.
Les T. - 27th October 2016
staying in Lady Grey, Oos-Kaap
Lady Grey is a beautiful little town, we stayed on the farm.
Alet S. - 26th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Lekker gerieflike oorslaapdorp. Heerlike restaurante en oulike snuffelwinkeltjies. Genoeg ander besigtighede om van te kies.
Kim F. - 24th October 2016
staying in Walmer, Oos-Kaap
Centrally located and easy to get in and out of, great shopping centre, neat and tidy area.
Lynette N. - 24th October 2016
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga.
Rossouw K. - 24th October 2016
staying in Hogsback, Oos-Kaap
Paradys in die kleine!
Hester H. - 23rd October 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam!
Christopher F. - 22nd October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
We have been going to Graaf-Reinet for years on our annual holiday. It is an amazing place and over the years we have discovered interesting little places such as the Adesa Aloe Nursery with over 2300 species of "vetplante", cactus and aloes. Johan is so knowledgeable and the prices are really affordable if you want to take a piece of the Karoo home with you.
Willie P. - 21st October 2016
staying in Addo, Oos-Kaap
Lekker afgeslote en onontwikkeld.
Martin L. - 20th October 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
Was nie my eerste besoek nie, en hopenlik DV ook nie my laaste nie!
Ria . - 20th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Het net oornag en het nie regtig die dorp ervaar nie.
Riette V. - 17th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Antieke Karoodorp vol geskiedenis en natuurskoon.
Christine L. - 17th October 2016
staying in Cannonville, Oos-Kaap
'n Dorpie op die walle van die Sondagsrivier waar 'n mens veilig voel! Die Grunter's Bar net oorkant die straat bied besondere goeie spyskaart vir 'n kroeg! Verder is dit binne minute se ry van die Mathyolweni-hek van Addo Olifantpark. Voorwaar 'n juweel wat ons ontdek het en wat ons sal aanbeveel en na sal terugkeer in die toekoms.
Marié G. - 17th October 2016
staying in Nieu-Bethesda, Oos-Kaap
'n Paar goedbewaarde geheime is daar verskuil: die bierbrouery en die eetplekke bied baie lekker produkte aan.
Pieter S. - 17th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Graaf-Reinet is 'n oulike dorpie met goeie besienswaardighede en baie lekker restaurante. Ons het net een aand oornag en was beïndruk met die netheid van die dorp en die interessante mooi geboue daar, sal enige iemand aanbeveel om die dorp ten minste een keer te besoek.
Daniel B. - 16th October 2016
staying in Patensie, Oos-Kaap
Gaan besoek die padstal so 5km buite Patensie genaamd Padlangs as jy van lekker kos hou.
Liana P. - 15th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Dit is jammer dat daar uitbundige mense oorkant die kerk was, mens wil graag foto's neem, maar met die geskreeu so oor en weer voel mens nie juis veilig nie.
Dennis G. - 15th October 2016
staying in Rhodes, Oos-Kaap
Daar is baie om te doen in en om Rhodes.
Pat M. - 14th October 2016
staying in Selborne, Oos-Kaap
Woonbuurt lyk baie goed en is redelik sentraal, en ook nie te vêr van die strand af nie.
Marie V. - 14th October 2016
staying in Steynsburg, Oos-Kaap
Ek het net deur Steynsburg gery op die langpad. Hiervoor is dit 'n baie gerieflike oornagplekkie.
Johann S. - 12th October 2016
staying in Joubertina, Oos-Kaap
The Meat pies sold at Apple County Take Away are excellent and the Boerewors sold at Bokmakierie Butchery are a must!
Marius J. - 12th October 2016
staying in Cradock, Oos-Kaap
Lekker ontspanne Karoo
Mzwakhe M. - 12th October 2016
staying in King Williams Town, Oos-Kaap
Nice place.
Deonne C. - 12th October 2016
staying in Oos-Kaap
Het vir die eerste keer die mooi natuurskoon van die Oos-Kaap ervaar in my reis van Port Alfred tot by Aliwal-Noord. Ek het nie besef hoe mooi die bergreeks eintlik daar is nie. Werklik foto-kwaliteit. Daar was padwerke met stop/ry maar sal hopelik beter paaie oplewer as dit klaar is. Die N6 was 'n plesier om op te reis van Queenstown na Aliwal-Noord.
Floyd B. - 11th October 2016
staying in Middelburg, Oos-Kaap
Dit is maar 'n oornag stop plek.
Suzan J. - 11th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Daardie mense is nog regte mense. Sout van die aarde. Dit is baie mooi daar, baie besienswaardighede en ons het dit baie geniet. Ons het al die museums, Vallei van Verlatenheid en die kaktusplaas besoek. 'n Ware belewenis. Ook die uilhuis in Nieu Bethesda.
Leandra K. - 11th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Oulike dorpie met baie geskiedenis.
Hercules N. - 11th October 2016
staying in Graaff-Reinet, Oos-Kaap
'n Pragtige omgewing met uitsonderlike historiese en natuurplekke om te besoek. Lekker eetplekke om van te kies, goed geleë op pad van binneland na Oos- en Suid-Kaap.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za