Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9274 resensies.
"Ek is baie mal oor Mosselbaai se weer. Sal enige seisoen daar kuier. Die plek het baie om te sien en doen."
"Dit het meeste van die tyd gereën. Sewe reën dae van die 11 dae vakansie, weer is baie onvoorspelbaar!"
"Baie mooi omgewing en veilig om in vakansie te hou. Ook is dit vir ons lekker om in so 'n skoon omgewing te kan kuier en te sien dat die strate heel en skoon van rommel en papiere is."
"At B&B more brochures need to be displayed to enlighten traveler's of sights to go to, walks to go on (the out of ordinary). The old route to take a drive on from Wilderness to George. There are many beautiful sight and things to do, we were visiting family in George so they showed us a lot of different places to go to in and around George."
"Great breakaway place. One feels safe. The place is exceptionally clean. Water tastes a bit horrible, but great in coffee."
"'n Pragtige kusdorp met 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite en besienswaardighede, veral vir die natuurliefhebbers."
"Ek sal enige tyd weer daarheen gaan om al hulle voetslaanroetes te gaan stap."
"Witsand is ’n lieflike vakansiebestemming wat jy sommer met die eerste sien baie van hou en ek sal definitief weer gaan."
"Die natuurskoon is pragtig, maar die verkeer is 'n nagmerrie. Nie mal oor die metropolus van dir dorp/stad nie. Dis baie deurmekaar en verwarrend. Ek het die omgewing buite die dorpsgrense verkies. Meer as die helfte van die restaurante was tydelik of permanent gesluit (ek neem aan as gevolg van 'n verswakkende ekonomie). 'n Groot gedeelte van die sakekern is onder konstruksie wat toeganklikheid bemoeilik het."
"Wat 'n onontdekte juweel! Mens wil dit eintlik stil hou in die hoop dat dit nie gekommersialiseer word en sodoende sy huidige miljieu verloor nie."
"Always passed this turnoff on our travels for so many years! What a gem of a place. Will definitely be back to explore more of it."