Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8623 resensies.
Louis C. - 6th February 2017
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Tuinroete
Pragtig, mooi, veilig.
Dawie B. - 4th February 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Lekker!
Mathilde E. - 4th February 2017
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
We love the beauty and relaxed atmosphere of Keurboomstrand. There is so much natural beauty in the area as well as outdoor activities such as rowing on the river, hiking and enjoying the beach.
Deon S. - 4th February 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Die parkering was toe nie 'n probleem soos wat deur openbare media berig was nie.
Derek F. - 4th February 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie om te doen en te sien.
Charles B. - 3rd February 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Rustige atmosfeer en heerlik om daar vakansie te hou.
Diana M. - 2nd February 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Lieflike plek - ek woon hier.
Sanet E. - 2nd February 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Pragtig!
Coenie C. - 2nd February 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Pragtige deel van die Tuinroete.
Brumilda J. - 2nd February 2017
staying in De Nova, Tuinroete
Dit is ideaal vir vakansiegangers wat net will "lock up and go!" Die winkelsentrum is net om die draai, die reis strand toe is kort en die area is veiling en rustig. Ek sou se dis lekker sentraal.
Alvin P. - 2nd February 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Awesome.
Salomie E. - 31st January 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
My geliefkoosde vakansiebestemming! Veilig, skoon en Afrikaans met baie om te doen en sien.
Ansie W. - 31st January 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Die beste vakansiebestemming in die land!
Sonja V. - 31st January 2017
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Tuinroete
Pragtige goedversorgde huise. Baie mooi
Riki C. - 31st January 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Sou lekker wees as daar net 'n klein restaurantjie op die strand was waar mens kon sit en die pragtige uitsig geniet. Dit is regtig 'n pragtige plekkie.
Skollie S. - 31st January 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Sal weer daar kom draai maak - pragtige en vriendelike gemeenskap.
Skollie S. - 31st January 2017
staying in Knysna SSB, Tuinroete
Baie pragtige plek met baie mooi areas om the besoek.
Peter H. - 30th January 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Die ATKV moes nooit die veranderings by die seefront gemaak het nie. Die duur pakeerarea is nie lewensvatbaar nie. Mense met wie ons gesels het stem saam: die veranderinge was nie voordelig vir vakansiegangers nie.
Shane V. - 30th January 2017
staying in Santosbaai, Tuinroete
Aan te beveel.
Eva N. - 29th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Restaurante bied nie 'craft beer' nie en daar is 'n paar goeie brouerye in die omtrek.
Ernst L. - 29th January 2017
staying in Robberg, Tuinroete
The Robberg hike is a beautiful scenic hike that is recommended. It is not for people with mobility issues and good shoes, sufficient water and protection against the sun are necessary gear.
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in Danabaai, Tuinroete
Pragtige strand, rowwe branders, maar goed geleë.
Dewald N. - 27th January 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Lekker klein dorpie hier langs die kus met genoeg om te doen. Baie lekker.
Gen G. - 27th January 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Pragtige kuslyn! Ons was meer binne Danabaai wat alles aanbied as wat ons nodig gehad het vir 'n wegbrekie!
Christo M. - 27th January 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Baie lekker. Die nuwe "waterwêreld" in Hartenbos was 'n teleurstelling. Gelukkig is die een by Diasstrand baie goed.
Thea R. - 26th January 2017
staying in Tergniet, Tuinroete
Pragtige area langs die kus.
Surene S. - 26th January 2017
staying in Witsand, Tuinroete
Ideale plek vir hengel en lekker ontspan.
Sonja S. - 26th January 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Die strand is pragtig en die mense baie vriendelik. 'n Juweel wat hopelik lank so sal bly. Gerieflik naby alles geleë indien jy nie elke dag strand toe wil gaan nie. Die kafeetjie onder by strand is redelik gerieflik toegerus. Dalk moet iemand die besigheidsgeleentheid sien en iets naby die strand oprig in seisoen.
Ernst N. - 26th January 2017
staying in Blanco, Tuinroete
Oorkant Fancourt.
Marinda M. - 26th January 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Wonderlike en veilige dorp.
Sias G. - 25th January 2017
staying in Voorbaai, Tuinroete
Lekker.
Ella W. - 25th January 2017
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Plettenbergbaai en die omgewing is verskriklik mooi, maar ook duur. Wees maar bereid om ten minste R600 te betaal as jy iets wil doen of bywoon. Daar is allerhande goed om te doen: avontuur (bv. valskermsweef); dierekyk (olifante, jagluiperde, robbe) of net mooi strande geniet. Daar's beslis nie genoeg tyd om alles te doen nie! Pasop vir klein diewe, moenie waardevolle goed strand toe vat nie en sluit ook jou motor. Hulle het my wieldop gesteel, mens moet maar mooi kyk. Plettenbergbaai het al die winkels en goeie eetplekke. Die vis en kalamari by Central Beach is lekker vars. Loer ook gerus by Spar in vir heerlike kaaskoek!
Thea R. - 25th January 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie mooi en skoon dorp. Baie groter as wat ons voorgestel het.
Arina M. - 24th January 2017
staying in Linkside, Tuinroete
Heuwelagtige gebied. Ideaal vir stapliefhebbers. Pragtige uitsig oor die hawe.
Matty V. - 24th January 2017
staying in Witsand, Tuinroete
Witsand is 'n juweel. Mag die plekkie groot ontwikkelings vryspring. As jy rus en vrede soek, gaan daarheen.
Zerelda M. - 24th January 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Dis pragtig en doen werklik jou siel goed ... Dis 'n stukkie hemel-op-aarde.
Sean O. - 24th January 2017
staying in George, Tuinroete
George is centrally and conveniently situated in relation to surrounding tourist attractions.
Lizette B. - 24th January 2017
staying in Witsand, Tuinroete
Witsand is 'n ideale plek vir sweefski as gevolg van die wind en die strandmeer, maar dis nie die beste vakansie-opsie vir gesinne met jong kinders nie. Daar was heelwat dae wat ons die kinders glad nie uit die huis uit kon vat tensy ons erens anders gery het nie.
Jakes P. - 23rd January 2017
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
Fantastiese strand en baie goeie weer.
Phebe V. - 23rd January 2017
staying in George, Tuinroete
Pragtige, skoon en netjiese dorp.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za