Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Pragtige dorpie. Ons het heerlik gekuier by Van Loveren wynplaas se restaurant Christina's onder hul lower groen bome. By Esona wynplaas het ons 'n unieke wy proe gehad in hul kelder. Ons het ook Birds Paradise besoek. Pragtige plek om jou kinders heen te vat. Four Cousins Restuarant op Robertson is 'n moet. Sal vir seker weer wil gaan kuier op Robertson."
"Bettysbaai is pragtig, rustig en skoon! Oop see en nog baie on-ontwikkeld. Die swemstrand is mooi, parkering dalk net 'n bietjie min. Maar dis perfek!"
"Heerlik om by die hotel buite te eet terwyl die see vir jou wink. Ook Vensterklip en Die Mosselpot bied heerlike kos en gasvrye diens."
"Klein dorpie, die natuur bied baie aktiwiteite. Die mense is ongelooflik vriendelik in die dorp."
"Mooi plek met alles wat jy nodig het en indien hulle nie iets het wat jy soek nie is Mosselbaai en Hartenbos net om die draai."
"Daar is absoluut niks negatief aan Mosselbaai nie. Ons hou al baie lank daar vakansie gehou. Die skoonheid is besonders."
"Die lekkerste dorpie om in te rus, net jammer dit is sover van Bloemfontein."
"Helder blou seewater waaruit jy nie sommer wil kom nie. Lekker dorp met goeie atmosfeer. L’Agullas wat net om die draai is, is ook baie besonders, maar Struisbaai se swemstrand en hawe vat die koek."
"Ek kon nie baie tyd spandeer in die dorpie self nie, maar die omliggende dele bied vele geleenthede vir die persoon wat bergfiets en stappies in die berge geniet."
"Again have recently discovered this part of South Africa and we have been to different locations a number of times. It is great and has special people!"