Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
"Die een ster word net verloor omdat die pad verskriklik sleg is. Baie diep gate en daar word niks aan gedoen nie. Baie om te sien en te doen, maar die huurkarretjie het dit gemaak, al het dit soms gevoel ons skud ons longe los. "
"Redelike skoon dorp. Pragtig langs die marine en strand. Kry maar 'n toeriste kaart, want dis 'n groot dorp. Strand nie oral maklik bekombaar nie a.g.v groot duine voor die strand. Brei nou baie uit na die suidekant."
"Dit is 'n pragtige ou dorp met heelwat besienswaardighede. Oral hartlik ontvang. Vallei van Verlatenheid is 'n moet om te sien. Die pragtig gerestoureerde Hotel is ongelooflik mooi om te sien."
"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."
"Koffiebaai se hotel was baie minder spesiaal. Ons het daar geëet, maar die diens was nie reg nie. Daar was plastiek in my burger en hulle het gesukkel met die diens."
"Koffiebaai is plattelands, nie veel om te sien nie en in die dorpie is nie veel om te doen nie."
"Nog steeds waarde vir geld. Dit is 'n olifantpark. Klein dingetjies waaraan bestuur moet aandag gee om beeld te poets vir veral oorsese besoekers. Paaie is besig om verweer te raak. Gate in teerpad maak slegte indruk. Personeel is behulpsaam en beleefd. Beef Baron gee uitstekende etes. "
"Georg Restaurant kan net so wel in die Suidelike Voorstede van Kaapstad gewees het! En dis in Aberdeen, Suid Afrika. Georg Restaurant is 'n moet om te besoek. Die Karoo lam tjops was keurig bedien saam met groente en aartappel-koekies. Die nagereg van malva poeding saam met roomys was heeltemal te veel vir een persoon. Daar is ook ander interessante geregte op die spyskaart, soos wildsvleis saam met blou kaas! Ons gaan weer Georg Restaurant besoek!"
"Asemrowende klein dorpie met vriendelike mense. Ferrari se pub is 'n moet en daar kry 'n mens organiese heuning te koop."
"Mooi skoon, rustige Karoodorp om 'n paar dae te rus. Mens kan lekker stap. Baie mooi kerk. Interessante kunswerke. Pragtige Karoo-natuurskoon."
"The access and egress roads are currently in bad condition only good for 4 x 4, and then are still very rough and slow travel - add an extra hour to your perceived time to get there."
"Regtige lekker plekkie en is regtig rolstoelvriendelike dorpie."
"Pragtige omgewing met baie dinge om te doen elke dag. Baie sentraal geleë. Baie uitkykpunte met bankies waar mens kan sit en die see geniet."
"Cradock is een van die klein Oos-Kaap dorpe wat nog goed in stand gehou word. Woonbuurte is skoon, huise vertoon pragtig, tuine van huise is pragtig. Lieflike Spar. Skole en gronde is goed versorg!"