Geverifieerde Resensie

Eastern Free State Highlands

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3488 resensies.

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Mt Horeb Manor

"Pragtige plekkie waar mens heerlik kan kuier!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Fairview Cottages

"Clarens het ongelooflike fantastiese vriendelike mense wat nie deur Coronavirus ondergekry is nie. Elke winkeltjie is 'n belewenis en oral word jy vriendelik ontvang. Die restaurante het elkeen besonderse disse. Ek sal beslis Clementines en Post House Restaurante aanbeveel."

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Fouriesburg Country Inn

"Lekker sentraal geleë, stil en rustige dorpie."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Larola Terraces

"Pragtige dorpie. Skoon en lekker om daar te kuier."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

V'Kansi Khaya

"Clarens is so 'n rustige dorpie en alles is loopafstand. Daar is baie om te sien en die omgewing buite Clarens te verken, jy sal nooit verveeld wees nie. Dit is die beste plek om van daaglikse stres ontslae te raak."

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Rustica Accommodation

"Gaan gerus na Windmill Pub & Grill toe."

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Uitzicht Game Lodge

"Goeie toerismebestemming net jammer die provinsiale paaie na en van die plek is in ‘n haglike toestand. Om in die nag te reis is lewens gevaarlik."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Gypsy Wagons

"Dit was ons eerste keer in Clarens, ons het gekyk na huispryse op tweede dag. Ons sal vir seker gereeld teruggaan, en almal aanraai om Clarens te besoek. Dalk eendag kan ons ons eie huisie daar koop!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Honeysuckle Clarens

"Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Views

"Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

God's Gift Self-catering Cottage

"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Villa 176 @ Clarens

"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Emden Bass

"Ons was nie in Fouriesburg self nie. Omgewing is baie mooi!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Mont Rouge

"Clarens is die lekkerste wegbreekplek om na toe te gaan."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Clarens Mountain Sage Self-care

"Sien julle binnekort weer, ons kan maar net nie wegbly nie!"

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

La Bri

"Clarens is 'n lieflike wegbreek, met klomp "hidden gems" orals, as jy net mooi soek."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Rooiberg View Clarens

"Clarens is beslis prentjiemooi. Die dorpie is stil en daar is meer as genoeg eetplekke vir lekke kuiers. Golden Gate is so 20 km weg en is 'n moet om te gaan besoek."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

La Bri

"Daar is net te veel om oor te gesels. Gaan net. Jy sal nie spyt wees nie."

Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande

Lesoba Guest Farm

"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

RiverWalk Guest House

"Die berge en die dorpie is baie mooi."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Bikiberg

"Sal vir enige iemand aanbeveel om Clarens toe te gaan."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Rooiberg View Clarens

"Beautiful, clean and peaceful town."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

Hannic's Retreat

"Pragtige plek en omgewing. Rustig."

Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande

De Ark Mountain Lodge

"Vol kultuur en kuns. Waarde vir geld as jy lekker tuisgebak wil koop. Die diens is puik by elke restaurant/winkel en die mense is vriendelik. "

Blad
Blad 58 - Wys 1711 tot 1740
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang