Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3491 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiberg View Clarens"'n Heerlike en interessante naweekbesoekplek - selfs langer: daar is genoeg te sien en doen!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Arundel Studios"Dit is 'n wonderlike en vriendelike dorpie. Mens vergeet van die wêreld daarbuite en geniet elke oomblik daar. Sal weer en weer daarheen gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Die berge is pragtig en is wat ons tot Clarens aangetrek het. Die winkeltjies is oulik, maar 'n mens kan ook net soveel winkeltjies besoek. Baie van die winkeltjies het ook dieselfde tipe voorraad, so dit raak bietjie vervelig. Dit is definitief nie 'n plek vir iemand wat nie van shop hou nie! Ek dink 'n mens kan ander soortgelyke plekke nader aan Gauteng (van waar ons is) besoek. Ons het 'n dringende mediese noodgeval gehad en moes deurjaag na Bethlehem toe, omdat die dokter nie beskikbaar was buite sy spreekkamerure nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Red Mountain House"Heerlike naweekkuier. Lekker eet, fietsry en rondsnuffel in winkeltjies. Restaurante raak baie vol in die aand - so bespreek vooruit."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Villa 176 @ Clarens"Awesome dorpie en uitstekende restaurante. Eat Cheese Deli vir ontbyt en Costos vir aandete is 'n moet vir elke persoon wat Clarens besoek, maak net seker jy bespreek by Costos voor die tyd."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Valley Lodge"Dit is die mooiste dorpie met soveel aktiwiteite om te doen."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Dragonfly Self-catering and Bike Rescue"Clarens is 'n wonderlike rustig dorp waar jy kan ontspan en rus, met baie om te doen in en om Clarens. Die restaurante is top klas met iets vir elke smaak. Snuffel gerus rond in die talle winkels."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Francisco Guesthouse & Villa Clarens"Pragtige natuurskoon en omgewing! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Absoluut mal oor Clarens. Sal weer en weer daarnatoe gaan."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sandstone Chameleon Guest House"Grondstrate het dringende aandag nodig."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
God's Gift Self-catering Cottage"Asemrowende uitsig, Clarens is skoon en veilig en als is bymekaar. Moenie enige kettingwinkels verwag nie, maar dit maak die dorpie uniek."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mafube Mountain Retreat"Pragtige dorp en goed geleë om al die besienswaardighede te besoek, asook Lesotho. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Fouriesburg self is gemiddeld, maar pragtige omgewing vir 'n reisiger."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Talking Trees Self-Catering House"Baie rustige toeristebestemming."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Hannic's Retreat"Altyd lekker om in Clarens te kuier, alleen of saam met vriende."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stonehaven Clarens"Baie geniet. Was eerste keer, maar nie die laaste keer nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Courtyard Guest House"Ons geniet elke keer ons besoek aan Clarens en ontdek altyd iets nuuts. Die hele dorpie het 'n heerlike atmosfeer en ons ontspan heerlik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Zoete Inval"Clarens Xtreme provided an excellent River Rafting day and the town is beautiful."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Bikiberg"As jy nog nie in Clarens was nie gaan en beleef die gasvryheid van die drop en sy mense."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
God's Gift Self-catering Cottage"A place to clear your head and mind, relax and enjoy yourself."