Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3491 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Clarens is 'n pragtige plek. 'n Mens voel tuis en dis baie aangenaam daar. Dit is ook duidelik dat daar moeite gedoen word om die dorp mooi en netjies te hou. Clarens is beslis 'n oase in daardie omgewing en die inwoners kan trots wees op hul dorp."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Caledon Country House"Baie lekker dorp. Het onsself baie geniet."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rosewood Corner"Goeie oornag- en naweekbestemming. Interessante winkeltjies en lekker restaurante."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Te min restaurante beskikbaar vir aandete! Het vergeet om te bespreek en kon nêrens geholpe raak nie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Villa 176 @ Clarens"Enigste nadeel is dat ander mense die parkeer-afdak van Villa 176 heeltyd beset het en ons sonder 'n afdak moes klaarkom."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Wat 'n verrassing! Bring minstens 'n volle dag net in dorpie deur. Uitstekende restaurante."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Baie sentraal geleë vir besoeke aan besienswaardighede in die omgewing soos AfriSki, Golden Gate en Clarens."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Baie lekker maar 'n naweek is genoeg om alles te sien as ek langer gebly het sou ek verveeld gewees het."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Dit is 'n ideale toeristebestemming, alhoewel vir Suid-Afrikaners bietjie duur. 'n Mens moet net genoeg vrugte en groente saamneem as jy self etes wil voorberei, aangesien dit nie volop beskikbaar is nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Gypsy Guest House Clarens"Baie duur en bietjie overrated. Niks nuuts."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Domaine Sérénité"Vir diegene wat hou van opwinding en dinge doen is twee dae in Clarens genoeg."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Uitzicht Game Lodge"Daar is nie veel om te doen in die dorpie nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Hierdie was ons eerste besoek aan Clarens. Ek is verlief op die dorpie. Kan nie wag om weer terug te gaan nie. Die uniekheid van elke winkeltjie en eetplek, hier is niks kommersieel nie en dit voel omtrent of jy in 'n ander wêreld ingestap het. Die verskeidenheid eetplekke, die deli's en kaaswinkeltjies! Genoeg om die kids mee besig te hou by die avontuur sentrum ook! Beslis my nuwe gunsteling bestemming!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mt Horeb Manor"Pragtige dorpie. Ideaal vir sielerus en net ontspan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Pragtige skoon dorp. Heerlik gekuier, gaan beslis terug."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"As dit nie vir Clarens Extreme op die dorp was nie sou dit baie vinniger al vervelig geraak het, maar dit is 'n baie mooi en vriendelike dorpie."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Pumula Guest Farm"Oulike dorpie met oulike eetplekkies en winkeltjies."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Eintlik moet Clarens as 'n wegbreekbestemming 10 sterre kry. Daar is net iets omtrent die Oos-Vrystaat."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Amour de Pierre Villa 221"Mooi dorpie en vir seker 'n besoek werd!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Lakeview Cottage"Clarens was pragtig! ‘n Rit Golden Gate toe is ‘n moet!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Klein dorp met heelwat eet- en kuierplekke wat waarde vir geld bied."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Vista 70 Clarens"Een van die besonderse, mooiste en interessantste vakansie bestemmings wat ek nog besoek het."