Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16603 resensies.
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Bloublasie Struisbaai"Dit is 'n kusdorpie wat ons baie na aan die hart lê."
"Great destination to just enjoy nature and take a break from the busy city life."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Dis Beau-tie-ful"Paternoster, 'n juweel aan die Weskus van Suid-Afrika. Ek weet nie wat lekkerder is nie, die pragtige strand, die hospitaliteit van die inwoners of die ongelooflike seekos! 'n Fantastiese destinasie vir enigiemand wat 'n wegbreek soek van die normale roetine. Hoogs aanbeveel, Paternoster steel beslis 'n stukkie van jou hart!"
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach Cottage 2"Beautiful scenery and some great activities for kids too."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Ahoy Cottage 4"Paternoster is so mooi en bied so baie. Sy plaaslike inwoners wat gaste verpes gaan dalk sy grootste las word."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"A beautifully maintained town. Need to spend a weekend to explore properly."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
12 on Golf"Struisbaai en Aghullas is 'n paradys! Die hawe, hengelplekke, seelug, wandelpaadjies, veiligheid, skoon omgewing, ens is alles 'n bonus. Ek kan die plek net nie uit my gedagtes kry nie. Sal baie graag daarheen wil verhuis."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Kiewiet"Struisbaai is maar 'n duur plek en ek dink hul pryse om goed daar te koop is baie duur."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Baie oulike dorp. Ongelukkig het Covid-19 vele besighede erg geknou."
Villiersdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Eyrie House @ Porcupine Hills Guest Farm"Helderstroom Alpacas is 'n goeie kuier en besoek-opsie. Stettyn Wynlandgoed is goeie waarde vir geld."
"Pragtige dorp in die Boland se wynstreek en toegangsroete tot heelwat ander dorpe soos Wellington, Franschhoek, Stellenbosch, Durbanville."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
The Seagull Hermanus House"Hermanus en omgewing is ons gereelde vakansie-bestemming vir meer as 30 jaar, eers as 'n getroude paartjie, daarna met ons gesin, daarna met klienkinders, nou met vriende. Het nou afgetree. Toekomstige kuiers sal dus slegs ons twee wees. Ek hoef dus niks meer te se nie; ons het die dorp sien ontwikkel, maar ook die stremming rondom ons voorheen gunsteling bestemming, Hermanus Strandklub gesien. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
La Baleine Beach House Collection"Lekker klein dorpie, weg van die "stad se lawaai". Groei ongelukkig vinnig na 'n "stad"."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Jonquil Luxury Guest Cottage"Fantastiese bestemming as jy al die lekkerste dinge in die lewe op een plek wil geniet - fantastiese wynplase, fynproewer-restaurante, kunsgalerye en beeldhouwerke van wêreldgehalte-kunstenaars, asemrowende natuurskoon en die vriendelikste mense. Die motormuseum en wyntrem is uniek en beslis die uitgawe werd."
Villiersdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
De Villiers Country Lodge"Tipiese Suid Afrikaanse plattelandse dorp, in 'n verrasende mooi omgewing. Ry gerus in die omgewing rond, die pad van Villiersdorp rigting Worcester is verbasend "mooier" as andersom. Ry dit vroegoggend. Theewaterskloof dam is besonders."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Barrydale Karoo - Boutique Hotel"Mooi dorpie in 'n pragtige omgewing met oorgenoeg eet- en drinkplekke as jy net wil kuier."
"Fairview en Spice Route is lekker naby. Hier is ook ontelbaar ander wonderlike plekke om te besoek. Een naweek is te min."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Church Hills Boutique Guest House"Pragtige dorpie, perfek vir 'n wegbreek uit die stad."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Damas"Het die museum op Kleinplasie baie geniet en bly om te sien hulle is besig met opknappingswerk. Sal dit weer oor twee jaar besoek."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Listening Wind Self-catering"Great place to return to. Nature, open beaches and beautiful fynbos."