Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7953 resensies.
"Great place to visit. The mountains are breath taking and the scenery is beautiful. Lots to see and do, love all the little shops restaurants and the brewery. "
"Oulike dorpie met sy pragtige en unieke winkeltjies. Maar ongelukkig is die swak munisipale bestuur van hierdie, soos so baie ander klein dorpies (en groot), ongelukkig baie sigbaar en het dit 'n direkte gevolg op die toerismebedryf in die omgewing."
"Bloemfontein was altyd dié Rosestad van die Vrystaat en met harde werk en samewerking kan dit weer herstel word na sy ou glorie."
"Altyd lekker om by Clarens en omgewing te kuier. Altyd iets nuuts en mooi om elke draai."
"Clarens is a spectacular town. The restaurants serve good food. People are friendly."
"Parys is 'n pragtige klein dorpie wat absoluut buzz! Die atmosfeer is voelbaar en die hoofstraat is 'n skatkis van eetplekkies, antiekwinkels en kuriowinkeltjies. "
"Unfortunately the roads are in very poor condition with numerous potholes. Good selection of restaurants in the area adjacent to the N3."
"'n Mooi dorp met baie potensiaal. Dit bied baie ruimte vir nog 'n kunstenaars paradys."
"Inkopies is duur. Geen kettingwinkels om voorrade aan te vul nie. Vriendelike en behulpsame inwoners en winkel eienaars. Toeriste wat aan buitemuurse aktiwiteite wil deelneem moet duur betaal om deel te neem in vergelyking met ander dorpe en stede."
"Die agteruitgang van die kleiner dorpe is baie hartseer. Die pogings van die inwoners om toeriste te trek is prysenswaardig."
"Senekal het baie potensiaal as toerisme bestemming. Pragtige sandsteengeboue, die mooiste kerk, en omgewing. Nog 'n baie oulike plek om te besoek in Senekal, is die Waterval-padstal, wat heerlike etes aanbied, en allerlei snuisterye. Ook net 'n klipgooi van ander klein dorpies af, soos Rosendal."
"Windburg kan as 'n toeristebestemming geïdentifiseerde word as mens van die stilte hou. Ek persoonlik hou nie van te veel stilte nie."
"Lieflike berguitsig en landelike atmosfeer. Die dorp beskik oor alles wat jy nodig het en almal wat ons teëgekom het, is vriendelik en behulpsaam. Sekere winkels is oop tot 20:00 as jy iets benodig. The Office Pub and Grill, het heerlike kos, neem net kennis dat die kombuis om 20:00 sluit. Dankie, Harrismith!"
"Stil rustige omgewing, mens herleef jou kleintyd herinneringe soos by ouma op 'n klein dorpie."
"'n Mengelmoes van kuns en kultuur. Lekker kos en mooi goeters. Bekostigbaar met supervriendelike mense."
"It's a small town and not a lot to do. However the people at the local pub/restaurant made us feel very welcome and we had a great meal. It's a good stopover, for both Eastern and Western Cape travellers. "
"Klein dorpie met baie oulike mense en oulike eetplekke."