Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Een van die lekkerste Park Runs. Beste restaurante in SA. Familie- en gesinsvriendelik."
"Reitz is die ideale plek om te ontspan. Daar is nie enige avontuurlustige uitstappies nie, maar die kerk is definitief 'n besoek werd."
"Winkeltjies is lekker om deur te loop. Koöperasie restaurant was 'n bonus met regte boerekos soos ons Ouma's gemaak het."
"Ons het gery om kos te gaan koop en nie 'n goeie indruk van die strate gekry nie. Strate was vuil en plek-plek baie swak in stand gehou."
"Daar is soveel geskiedenis wat vir ons kinders baie kan beteken, soos bv. die Vrouemonument en museum."
"Oulike dorpie, net een petrolstasie, 2 restaurante en grondpaaie steeds oral in die dorp."
"Ongelukkig het Covid skade aangerig en sekere winkels se kwaliteit het verswak of ander winkels het verdwyn! Dis so jammer - meer toeriste word benodig om die dorpie weer rooi te verf."
"Fouriesburg bied nie veel nie, maar Clarens en Godengate is nie te ver nie en dit maak Uitzight 'n lekker bestemming."
"Dit lyk eintlik beter as die foto's. Baie netjies plek en het lekker geslaap."
"Geniet dit om daar inkopies te doen. Het nooit onveilig gevoel nie. "
"Baie oulike bestemming, baie van die plekke is toe die tyd van die jaar, bv. breweries, planetarium ens. wat onverwags is. Oliewenhuis Art Gallery was ons gunstelingplek om te besoek."
"Sjoe die paaie is regtig in 'n baie slegte toestand. Ons het vir jare by Kroonpark met woonwaens gestaan gedurende die SA Junior Jukskei Kampioenskappe. Die park lyk baie sleg en ek sal niemand aanbeveel om van die park gebruik te maak nie. Beslis nie meer vir toeriste nie."
"Paaie was in 'n skokkende toestand! Glad nie 'n plek om nodige inkopie-tekorte aan te vul nie, kry gerus alles in nabygeleë dorpe soos Bethlehem voordat u soontoe vertrek."
"Wens net die regering wil die paaie in stand hou! So pragtige bestemming ons ry graag deur die Oos-Vrystaat en spandeer lekker as toeriste ons ekstra spaargeld. Maar die toestand van die paaie maak dat ons, ons roete sal heroorweeg in die toekoms."