Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"Wonderlike, pragtige staproetes naby die rivier of dam. Baie winkeltjies met allerhande mooi goed om te koop. Heelwat eetplekke."
"We visited the area since it is close to Golden Gate National Park and Clarens. Clarens is a nice village and has some beautiful trails to walk or mtb."
"Winkels vir my nie meer so interessant soos 7 jaar terug nie. Kunswerke belaglike pryse."
"Dit is 'n dorpie met 'n spesiale "vibe". Werklik lekker atmosfeer met uitstekende restaurante en winkels."
"Ons het vroeg-oggend deur die strate gery 06:00 en die stad was baie vuil. Staatsgeboue was verwaarloos met stukkende vensters en onkruit wat in geute op die dak groei. "
"Gasvryheid omring met rustigheid en natuurskoon. Moenie die geleentheid laat verbygaan om smullekker etes te geniet."
"Ons het 'n troue bygewoon by Vrystaat Safari - dit was 'n pragtige plek vir 'n mooi funksie."
"'n Pragtige dorp met 'n mooi geskiedenis. Die paaie in en om Fouriesburg is egter gehawend, maar dit lê 100% voor die deur van die huidige munisipaliteit en provinsiale regering, soos in die meeste dele van Suid-Afrika."
"Dis 'n pragtige omgewing, en al die mense en besigheidseienaars ( Oppidam, Yolla's en Benjamin's) was vriendelik, toeganklik en uiters behulpsaam. Die pad vanaf die afdraai vanaf Senekal is uiters verweerd en moet met versigtigheid aangedurf word."
"Een van die lekkerste Park Runs. Beste restaurante in SA. Familie- en gesinsvriendelik."
"Reitz is die ideale plek om te ontspan. Daar is nie enige avontuurlustige uitstappies nie, maar die kerk is definitief 'n besoek werd."
"Winkeltjies is lekker om deur te loop. Koöperasie restaurant was 'n bonus met regte boerekos soos ons Ouma's gemaak het."
"Ons het gery om kos te gaan koop en nie 'n goeie indruk van die strate gekry nie. Strate was vuil en plek-plek baie swak in stand gehou."
"Daar is soveel geskiedenis wat vir ons kinders baie kan beteken, soos bv. die Vrouemonument en museum."
"Oulike dorpie, net een petrolstasie, 2 restaurante en grondpaaie steeds oral in die dorp."
"Ongelukkig het Covid skade aangerig en sekere winkels se kwaliteit het verswak of ander winkels het verdwyn! Dis so jammer - meer toeriste word benodig om die dorpie weer rooi te verf."