Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6341 resensies.
Johann J. - 12th March 2018
staying in Winburg, Vrystaat
Kort meer bemarking en bemarking vir aktiwiteite in die omgewing.
Lizanne B. - 12th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens betower elke keer.
Leilani F. - 12th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Dit is 'n interessante plekkie met baie om te doen en sien en veral eet. Het dit baie geniet en veral die feit dat dit nie gekommersialiseer is deur bv. kettingwinkels nie.
Ria D. - 10th March 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Die pad is baie swak. dit is net vol slaggate. Skep 'n baie slegte beeld van Harrismith.
Annette D. - 9th March 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Op die oomblik is die paaie in die dorpie 'n absolute nagmerrie, ek het nog nooit sulke vreeslike diep en groot slaggate in die paaie gesien nie.
Rencia S. - 7th March 2018
staying in Universitas, Vrystaat
Op die oomblik het die padwerke ons 'n bietjie van koers gevang. Ons is spitstyd deur die stad en dit was, soos verwag, baie besig. Ek glo wel dat mense (en uitlanders) dit moet beleef om 'n regte prentjie te kry oor wat by ons Universiteite ens. aangaan. Ken nie Bloemfontein baie goed nie, maar sal beslis langer tyd daar wil wees om vir myself te sien wat aangaan. Een dag is te kort.
Anli G. - 6th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Die pragtige klein dorpie is altyd besig en aan die gons!
Janine J. - 6th March 2018
staying in Heilbron, Vrystaat
There’s a lion farm in the area which was nice.
Ivan N. - 6th March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Sal graag weer daar will kuier, en meer tyd spandeer om in die dorp iets te eet en winkels met my eie tyd te besigtig.
Prajakta T. - 6th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Beautiful place for weekend gateway with your loved ones.
Michelle C. - 6th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Baie goed geleë vir dag uitstappies na Fouriesburg, Ficksburg en Clocolan met die mooiste natuur landskappe op die pad. Het die plaasskou op Clocolan besoek en dit geniet om van melee se manier van dinge doen op die plaas te kon aanskou.
Albert V. - 5th March 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Pragtige plek met baie mooi historiese geboue.
Marisa K. - 5th March 2018
staying in Bethlehem, Vrystaat
Wonderlike Vrystaatse stad, met 'n klein dorpie gevoel. Heerlik naby aan Golden Gate, baie geskiedenis.
Charmain P. - 5th March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Paaie in Parys is vol slaggate en besoekers moet so oplet daarna dat jy jou bestemming mis.
Jacqui D. - 5th March 2018
staying in Universitas, Vrystaat
Is naby sport-stadion, universiteit, hospitaal en verskeie winkelsentrums. Goeie ligging om by belangrike punte uit te kom.
Julie J. - 5th March 2018
staying in Senekal, Vrystaat
Die dorp is maar baie klein. Mar min om te doen vir n toeris. Maar as u daar deur wil reis is daar pragtige plekke om jou te akkommodeer.
Marius V. - 5th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Wonderlike plek om 'n paar dae te gaan rus. Die omgewing bied egter so baie dat rus bykans onmoontlik is maar die vars lug en vriendelike mense is altyd wonderlik.
Johan P. - 5th March 2018
staying in Bothaville, Vrystaat
Die algemene gevoel wat ons gekry het was dat die gasvryheid en vriendelikheid van die mense iets is wat enige iemand sal geniet. ons sien uit na ons volgende besoek.
Fred P. - 5th March 2018
staying in Westdene, Vrystaat
Ek sal dit nie as toeristebestemming aanbeveel nie maar wel vir sakebesoeke, of soos in my geval, om iemand in die nabygeleë hospitaal te besoek.
Maria K. - 4th March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Parys is natuurlik 'n baie spesiale dorp. Moet net nooit verwag om 'n aandete op 'n Maandagaand in Parys te kry nie.
Colin G. - 3rd March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Duur vir die gemiddelde Suid-Afrikaner, ons wil graag lekker ons land besoek en geniet, maar word meeste van die tyd uitgebyt. Veral pensionarisse wat dit moeilik vind, en tog ook ons mooi land wil geniet.
Chris B. - 2nd March 2018
staying in Ventersburg, Vrystaat
Daar is weinig te doen behalwe oorslaap.
Fanie V. - 2nd March 2018
staying in Bethulie, Vrystaat
Dit is 'n baie geskiedenis ryke dorpie , maar soos baie ander dorpe in die land is verval sigbaar. Die mense wat ek ontmoet het is so positief en gasvry dat ek verseker weer sal besoek.
David D. - 28th February 2018
staying in Ballyduff Kleinhoewes, Vrystaat
Dit is 'n plot. Niks om oor tekere te gaan nie.
Leanie D. - 28th February 2018
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Rustige omgewing.
Izane C. - 28th February 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Altyd 'n wenner.
Pierre D. - 27th February 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Goeie ontspanning en besonderse natuurskoon omgewing.
Elfie S. - 27th February 2018
staying in Panorama, Vrystaat
Omgewing was skoon en het veilig gevoel.
Clifford B. - 27th February 2018
staying in Parys, Vrystaat
Parys is a quiet little town for a great weekend getaway!
Welma F. - 27th February 2018
staying in Parys, Vrystaat
Parys is 'n pragtige dorp. Dit is reeds 'n toeriste bestemming. Ons pensionarisse moet net die ander bekostigbare eetplekkies uitsoek. Dankie vir 'n Wimpy breakfast.
Helena F. - 27th February 2018
staying in Parys, Vrystaat
Wonderlike eetplekke ook.
Willa B. - 26th February 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Asemrowend en lekker baie om te doen. Puik restaurante!
Madeleen M. - 26th February 2018
staying in Parys, Vrystaat
Wat 'n kosbare dorpie met al sy oudhede en lekker eetplekkies.
Elize S. - 26th February 2018
staying in Universitas, Vrystaat
Dit is gerieflik naby aan die universiteit en winkelsentrums. Die vullissakke wat oor die naweek in die strate gestaan het, is egter 'n seer-oog!
Karen V. - 26th February 2018
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Gaan gerus na Naval Hill toe en besoek ook die waterfront.
Awie E. - 26th February 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Baie nice kuier- en eetplekke. Berge is pragtig.
Renata D. - 26th February 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n klein paradys en is altyd 'n goeie opsie vir 'n wegbreuk!
Quintin W. - 26th February 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorp!
Elsie P. - 25th February 2018
staying in Parys, Vrystaat
Mooi plekkie om weg te breek.
Linda M. - 25th February 2018
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Bloemfontein people are very friendly.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za