Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9641 reviews.
"Witsand is 'n lekker vakansiebestemming en nie so vertrapping van mense soos ander populêre vakansiebestemmings in die Wes-Kaap nie. Vir seker die volgende keuse vir vakansie."
"'n Baie vriendelike dorpie. Die mense is regtig behulpsaam en vriendelik. Dis skoon en die strate is goed gehanteer deur die munisipaliteit."
"Baie mooi, skoon dorp, wat baie dienste vir toeriste lewer. Baie om te sien en doen. Het lekker gekuier daar."
"Springerbaai is afgesonder van die "mal"-besige vakansieplekke in die omgewing. Dis eksklusief, rustig en privaat. Jy kan lekker gaan fietsry, draf of stap. Daar is bontebokke, sebras, springbokke en ander kleinwild te sien - ook baie skilpaadjies. Baie privaat strand - jy is meestal alleen daar - soms is daar dalk een ander groep mense. As jy lus is om bietjie tussen baie mense te gaan swem kan jy Vleesbaai toe ry (of stap as jy baie energie het), of na Mosselbaai of Klein Brak se strand toe vir die dag. Dis doodstil en jy rus lekker. Dis 'n eko-estate so alle huise het slegs sonkrag so jy weet nie eers van beurtkrag nie, maar jy moet spaarsamig werk met die elektrisiteit."
"Die lodge is baie goed geleë en daar is 'n paar lekker plekkies in die straat. Bietjie onveilig gevoel op die dag met bedelaars op straat wat so bietjie gepla het."
"Mal oor Stilbaai - hou van die baie Afrikaans. Sal beslis weer Stilbaai besoek."
"In addition to being happy with the accommodation, we also found the most amazing restaurant to have dinner at; Dave's Kitchen serves Michelin star-worthy food! Highly recommend the seared tuna with wasabi mash and the pork belly. The presentation is artistic with their signature fried rice noodle crisp on top, and the quality and flavours match."
"Sal enige tyd weer soontoe gaan, dalk kan Wildernis doen met nog 'n groot supermark soos Pick n Pay of Checkers."