Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6513 resensies.
"Baie gerieflik en skoon. Naby aan groot sentrum. En verskeidenheid eetplekke om van te kies."
"Margate se strand self was toe vir swemmers, en die mense wat gewoonlik sit en goedere verkoop het baie afgeneem, dalk omdat ons buite seisoen daar was, maar Lucia strand was baie nice. Margate se eetplekke was van die beste. The Grove, Papa Rika en Mosambik was die beste."
"Baie besige area en meer gepas vir mense wat soek na die nightlife van die plek en nie omgee vir orals in verkeer sit nie."
"My wederhelf is 'n Durbaniet en ons het 40 jaar terug ons 'honey moon' hier kom hou. Ons besoek Durban te minste 1 maal per jaar."
"Baie, baie lekker area om vakansie te gaan hou, ons is mal oor Salt Rock."
"Die dorp Underberg is verwaarloos. Weg van die dorp is die mooiste natuurskoon. En kan jy asemhaal en ontspan."
"Hoop hulle kan dit vinnig weer regmaak sodat die mense dit kan geniet op die strand."
"Allow for extra travel time as road conditions are not ideal to drive in the dark."
"Love the little town of St. Lucia! Shops are walking distance and the restaurants are all top class! The ski-boat club worth a visit for the best pizza's in town! Close to Cape Vidal for a day visit and a visit to the Wetland park is a must! "
"Die mense is vriendelik en besighede is dankbaar vir die ondersteuning."
"Na die oorstromings is daar sekere infrastruktuur soos water en elektrisiteit wat onderbreek word. Dit probleme iswel besig om aan gespreek te word en ons het n lekker tyd gehad in Durban."
"Pennington was 'n baie lekker plekkie ek moet erken. Hulle kan dalk net aan hulle paaie werk. Ons het baie lekker vakansie gehou, behalwe vir al die reën vir die eerste paar dae, maar andersins was dit awesome."
"Dis 'n baie oulike dorpie. Pad van Bulwer af tot daar nie mooi nie, dit lyk maar soos die res van SA se paaie."
"Mooi woongebied, maar vakansiegangers moet na restaurante en ander vermaak ry."
"Sani-Pas tot in Lesotho is 'n emmerskoplysie-item om te doen vanuit Underberg."