Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Vir so lank as wat ek lewe, hou die Karoovlaktes nog altyd vir my 'n groot bekoring in. Jasfontein met sy gasvryheid is perfek geleë om daardie tipe van liefde uit te leef."
"Eerste keer in die Noord-Kaap en sal voorwaar nog duisend keer besoek! "
"Die ideale stop as jy op die langpad is. Die Plattelander Restaurant is hoogs aan te beveel vir die heerlikste kos. "
"Shame that the Moffat Mission was closed because someone broke in and vandalised it."
"Kakamas is in die middel van al die wynkelders en baie mooi omgewing."
"Heerlik geëet by Die Plattelander. Hulle porsies is baie groot, maar heerlik. Bediening puik."
"Ons het die atmosfeer van Colesberg geniet. Almal was vriendelik en behulpsaam. Al die reisigers het ontspanne voorgekom en dit lyk of die hele dorp net uit gastehuise bestaan!"
"Springbok is 'n skoon en aangename plek. Daar is alles wat mens nodig het, maar het wel 'n regte plattelandse gevoel. "
"Dorp was skoon en netjies. Mense baie vriendelik en behulpsaam. Lekker eetplekkies. Rustig en sal graag weer terug kom. "
"Die Kalahari bly maar net 'n plek waar siel en liggaam weer bymekaar uitkom."
"Not much to do. Really just stopped to overnight on journey between CPT and JHB."
"Vir oornag is daar baie geleenthede in alle prysklasse. Nie veel te sien in die dorp vir toeriste."
"Die paaie is in 'n slegte toestand en die dorp is maar baie vuil. As die munisipaliteit iets aan die toestand van die dorp kan doen is daar regtig baie meer potensiaal vir die toekomstige toeriste wat Kakamas wil besoek."
"Skoner strate en minder kinders wat doelloos rondstap en baie bedel sal positief bydra."
"'n Toeriste aantreklikheid wat altyd deel maak van ons toerreis met gaste."