Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Angels Rest"The main beach is overrated. Bay West Mall is great. Green Acres Mall is older but will have anything Bay West doesn't have. The Game Drive is nice (even on a rainy day in a 2x4 ). Find a good Beach and its heaven."
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Bluewater Reservations"Pragtige area en die strande baie mooi. Die kinders was baie opgewonde oor die pragtige skulpe!"
Patensie, Sarah Baartman-distrik
Ripple Hill Hotel"Pragtige dorp. Ek was gelukkig om gedurende sitrusseisoen te kuier - dit is 'n ongelooflike mooi gesig om deur die pragtige Gamtoosvallei die dorp binne te ry en al die (duisende) sitrusvrugte (gereed om te pluk) te sien hang aan die bome. Tolbospadstal kan vergelyk word met die beste. "
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Bluewater Reservations"Dit is 'n lieflike omgewing! Dis rustig met heelwat strande in die onmiddellike omgewing. Die klein winkelsentrum bied meer as genoeg vir wat mens benodig, met wegneemetes ook beskikbaar. Ongelukkig is daar geen restaurante in die omgewing nie. Ver genoeg uit die stad, maar baie naby daaraan. Verkeer is baie rustig, selfs vroegoggend. Indien mens van jou eie geselskap hou, is Bluewater Bay die antwoord."
Colchester, Sarah Baartman-distrik
Sundays Mouth Guesthouse"Naby PE, teenaan die Addo park. Ons het net te min tyd gehad om alles te doen, sou graag die duine wou aandurf."
Paradise Beach, Sarah Baartman-distrik
Marine Paradise Guest House"Een van die mooiste ongerepte stande in Suid-Afrika."
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
Alcyone"Dis baie skoon "Summerstrand" moet dit beklemtoon, netjies voel sommer lekker om rond te wandel in daardie geweste..."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Sea Whisper Guest House"Lieflike strand dorp met baie om te sien en doen."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Beslis 'n besoek werd. Gaan kyk na die Uilhuis, drink 'n bier by die Sneeuberg brouery."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Hancke Holiday Apartments"Nice, but apparently power outage are common in the area, so I would propably not visit again soon."
Loerie, Sarah Baartman-distrik
Pabala Private Nature Reserve"Loerie is 'n klein dorpie en vol vriendelike mense. Daar is 'n pragtige kerk en die Bravo koffiewinkel is 'n moet, want dit voel soos huis. Jy gaan om lekker te gesels met Alet en om haar voortreflike kos te geniet en "crafts". Moenie net beplan vir vinnige koffie nie. As jy wil haastig wees gaan terug stad toe. Wou graag by die Loerie dam gaan rondkyk het, maar tyd het ons gevang omdat ek so lekker kon slaap. Die area het groot potensiaal, weet die nartjiefees is daar in Oktober. 'n Goeie tyd om weer daar te gaan inloer."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Milner Avenue Units"People friendly and have awesome places to "kuier". We loved Barney's, very nice place."
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
Hobie Beach Guest House"Ek dink Somerstrand is een van die beter areas in PE om verblyf te soek. Het wel gehoor dat daar deesdae heelwat geweld en inbrake is in die area. Gedurende ons verblyf in PE was daar 'n inbraak by 'n gastehuis in die straat waar Hobie Beach Guest House is. Ek glo wel dat die sekuriteit by Hobie Beach Gastehuis goed is en 'n inbraak nie malkik sal wees nie."
Kenton-on-Sea, Sarah Baartman-distrik
Dunwerkin Self-catering Accommodation"Het skoon verlief geraak op die plek."
Humewood, Sarah Baartman-distrik
Chapman Hotel & Conference Centre"Sentraal geleë naby see en naby alles."
Krakeelriver, Sarah Baartman-distrik
Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm"Pragtige wêreld, rustig en ontspannend!"
Joubertina, Sarah Baartman-distrik
@ R62 Langklip Estate Game Farm"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"
Aberdeen, Sarah Baartman-distrik
Aberdeen Self-Catering"Rustig plek en vriendelik dorp. Sal weer kom oornag."
Wavecrest, Sarah Baartman-distrik
Chardonnay Holiday Apartment"Baie pragtige bestemming maar die weer was nie so lekker nie. Ons kla nie want ons land het reën nodig."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Vreeslike interessante dorpie met soveel potensiaal."
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
Beachwalk Bed and Breakfast"Beautiful beaches. Close to everything."