Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
Patensie, Sarah Baartman-distrik
DeMist Cottage - Old Pollie"Oneindige moontlikhede! Sal graag langer wil vertoef en ook weer die Baviaanskloof wil aandurf."
Humansdorp, Sarah Baartman-distrik
40B Guesthouse"Vir ons was Humansdorp net 'n oornagplek, maar daar is moontlikhede om te ondersoek met 'n langer verblyf."
Seafield, Sarah Baartman-distrik
8 Sandpiper"Seafield is 'n fantatiese bestemming. Groot, oop strande, skoon en nie baie ander mense nie. Strande lyk dierevriendelik. Almal bring hulle honde daarheen. Was 'n plesier om te sien hoe almal dit geniet. "
Kabeljous, Sarah Baartman-distrik
28Kabeljauws"Pragtige omgewing om vakansie te hou. Goeie inkopiesentrums om jou honger te stil. Mooi strande om te geniet."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Outsiders B&B"Nieu-Bethesda is 'n belewenis en die eenvoud en onopgesmuktheid van hierdie dorpie en die warmte van die mense sal my altyd bybly. Hier leer mens weer dat die gejaagdheid van die lewe en die glitz en glamour van die stad nie mens se siel kan raak soos die stilte en vrede van Nieu-Bethesda nie. Ek hoop nie dat hulle ooit die dorpie wil ontwikkel nie, want dis perfek in sy grondstraatjies soos dit is. "
Marina Martinique, Sarah Baartman-distrik
Marina Martinique B&B"Beautiful accommodation, lovely people, wonderful breakfast, stunning setting, would love to come back for a longer stay."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Seester Strandhuis"Die probleem met water voorsiening was 'n groot ongerief en hulle sal moet verseker dat alles reg is voor Kersfees toeloop. "
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Seester Strandhuis"Jeffreys het pragtige groot strande, lekker golwe en daar is regtig baie om te doen. Regtig 'n lekker dorpie."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Country Cottages"Ouwêreldse bekoring met vriendelike en behulpsame inwoners. Die plaaslike inwoners probeer jou nie uitbuit omdat jy 'n vakansieganger is nie. Dis nog veilig om in die strate te stap."
Astonbaai, Sarah Baartman-distrik
Houtboschbaai No 1"Rustig, klein en naby genoeg aan Jeffreysbaai."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Meerkat"Oulike, pikante dorpie. Dis een van daai plekkies wat almal ten minste een keer in hul lewens behoort te besoek."
Greater Addo, Sarah Baartman-distrik
Addo African Home, Restaurant and Safari"We loved Addo Elephant Park. Great animal sightings."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Meerkat"Nieu-Bethesda is 'n klein juweel en absoluut die moeite werd om te besoek. "
Port Alfred, Sarah Baartman-distrik
Bretton Beach Crest Holiday Cottages"Lekker bootrit op Kowierivier. Lekker viseetplek naby Pick 'n Pay. Naby pynappels en Pick n Whistle. Ons het vir 'n dag Addo-olifantpark toe gery en dit was perfek."
Kaap St. Francis, Sarah Baartman-distrik
Seal Point @ Cape St Francis"So 'n mooi en rustige dorpie. Ook lekker dat dit so veilig was."
Walmer, Sarah Baartman-distrik
Albert Road Garden Guesthouse"Walmer as sulks sien ek nie as 'n toeristebestemming nie, maar dit is ideaal geleë t.o.v. die groter Port Elizabeth toerisme-area."
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Pilbra Beachfront Self-catering Apartments"A very quiet area but perfectly situated."
Port Alfred, Sarah Baartman-distrik
Bretton Beach Crest Holiday Cottages"Behalwe al die padwerke en verbeteringe in en om die dorp, glad nie sleg nie."
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Annie's Selfcatering Accommodation"Isolated area but has a beach and river mouth. Not much in way of amenities."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Country Cottages"Net die plek wanneer mens van die gejaagde stadslewe wil wegkom. "