Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2339 resensies.
"Pragtige dorpie. Jy moet dit per voet verken om die mooi plekkies en al die rose te sien."
"Komende van die Karoo dit is 'n wonderlike lushof. Weet net nie of dit so sal wees vir die persone van die stede."
"'n Dorpie wat ons beslis weer gaan besoek. Dit het soveel om te bied en om elke hoek en draai wag 'n interessante verrassing."
"Was te kort in Richmond om te oordeel. Ek sou sê dat die huis waarin jy bly bepaal. Nie baie om te sien in Richmond nie, maar die ou tipiese Karoo-huise is baie aantreklik. Uiteraard as jy rus soek is dit die ideale plek."
"As jy daarvan hou om ongestoord klein, plattelandse dorpies met hulle pragtige, historiese argitektuur te verken, dan sal jy beslis van Vosburg hou. Die dorpie is pragtig skoon met 'n wonderlike ou-wêreldse bekoring."
"Ek glo met die inperkings, kan ons gerus meer ons eie land se dorpies gaan besoek. Dit bring ook die ekonomie weer terug in hierdie klein dorpies."
"We didn't have the opportunity nor sufficient time to explore. What we did explore was well presented, clean, homely and warm."
"Gaan besoek gerus die museum op die dorp. Dis interessant om Richmond uit 'n geskiedkundige oogpunt ook te sien."
"Richmond is 'n lieflike Karoodorp en ook 'n boekedorp. Woon elke jaar die Boekbedonnerdfees by aan die einde van Oktober. Draai af van die N1 en jy word dalk heerlik verras."
"Vosburg is 'n skoon en baie netjiese Karoodorp wat goed in stand gehou word."
"Van die beste restaurante vir my in die land. Ibis se tasting menu was ongelooflik en het heerlik onder Andre (Nieu Karoo Country Restaurant) se druiweprieel gekuier. Lieflik."
"Goeie oorslaapplek halfpad Kaap toe. De Vette Muis is 'n lekker eetplek na 'n dag se lang reis."
"Die dorp is rustig en veilig. Die Mumisipaliteit sal baie meer moet doen om die dorp op te knap en besighede te ondersteun om bemarking te doen."
"Nieu Bethesda is off the beaten track and the last section of the road to get to the village is a bad corrugated dirt road. This was my first visit to Nieu Bethesda which is an interesting village. I would make sure beforehand which museums and places of interest are open and when, before booking accommodation, as not everything is open all day and every day. The information on their tourist website is out of date. Take enough cash as the crafters outside the Owl House sell their special creations there. All crafters were friendly, not pushy and very proud of their wares. A very poor community in dire need of tourists for upliftment."
"As dorp met 'n paar boekwinkels en met versameling ouer boeke baie goed. Het ook laaste naweek van Oktober die jaarlikse uitstekende Boekbedonnerdnaweek. Ook goeie museum, baie op die perd as dier gerig."
"Die betrokke munisipaliteit moet 'n ernstige poging aanwend om sy strate op te gradeer/verbeter!"