Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2348 resensies.
"'n Interessante en oor die algemeen goed versorgde dorp. Ek dink daaraan om terug te gaan en 'n paar dae in die omgewing te spandeer."
"Het nie die dorp gaan verken nie, so ek kan nie sê wat se besighede het hulle nie. A.g.v. slegte pad op pad Orania toe, was ek uitgerus en kon rustig ry en behoorlik konsentreer om slaggate te mis."
"Wye strate, pragtige argitektuur en gerestoureerde geboue, heerlike eetplekkies, presies halfpad tussen Pretoria en Kaapstad. Karoo-rustigheid op sy beste."
"Dit is die perfekte plek om te stop op pad Kaap toe of Johannesburg toe."
"Klein, skoon, stil en rustige dorpie met nog tipiese Karoo-boustyl huisies (stoepe teen die grondstrate en hortjies vensters.) Petrolpompe toe van Saterdagmiddag tot Maandag. Naaste dorp so 60 km en nie altyd selfoonontvangs op hierdie pad nie."
"Lekker dorpie om deur te ry. Lekker eetplekke, Vetmuis Kombuis en Richard Cafe and Rooms het baie lekker kos."
"Bedelaars oral by die Caltex-vulstasie wat dag en nag net ietsie soek om te eet. Maak dit ongemaklik. Net buite dorp is besoedel met rommel oral in die veld."
"Dit is 'n goeie oornagplek met min anders in die dorp self. Daar is egter heelwat toeristeaantreklikhede in die omgewing."
"Die plek en sy mense is met so veel talente geseën, mag ons Vader hulle seën met alles wat hulle aanpak."