Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Fantastiese area om te ontspan. Ons het pragtige blomme gesien in die Biedouwvallei en heerlike wyn ook geproe. Die Weskus is een van die juwele in ons land."
"Die blomme in die Weskus Nasionale Park was van die mooiste wat ek in jare in die area beleef het."
"Die Weskus is soos 'n ongeslypte juweel. Van die padstalle langs die pad tot die dorpies langs die kus, daar is iets wat almal sal geniet. Die dorpies is kalm, die natuur is asemrowend, die kos is baie lekker en die Suid-Afrikaanse mense is altyd vriendelik!"
"Die Weskus het 'n eie bekoring wat jy self moet ervaar. Muisbosskerm in Lambertsbaai, was 'n ondervinding!"
"'n Besoek aan die Weskus is 'n absolute moet vir enige toeris of besoeker. Die skoonheid en die besonderheid van die Weskus sal by jou bly vir die res van jou lewe."
"Dit is 'n juweel! Die landskap, see, blomme, padstalle en vriendelike mense is die sout van die aarde en 'n besoek werd."
"Die Weskus bly een van die lekkerste areas om te besoek. Die mense is uniek, altyd vriendelik, spontaan en net 'n plesier!"
"Ons kon baie dorpe in die omgewing besoek sonder om te veel kilometers af te lê. Die winkels in Velddrif het heeltemal in ons behoeftes voldoen en ons het die gholfbane in die omgewing baie geniet."
"Lekker by die see. Augustus-September se blommekyk is ook iets lekker om te beleef."
"Altyd mooi, veral in blommetyd, maar bly 'n avontuur om daardeur te reis."