Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6547 resensies.
"Paternoster is 'n unieke vissersdorpie met 'n uitsonderlike karakter en is heerlik om te voet te verken. Daar is nie nog so 'n lekker stapstrand soos Paternoster sin nie. Vir kilometers is dit net jy en die uitgestrekte wit sand en see, wat 'n fees! Die winkeltjies en restaurante bied iets vir elke smaak en die mense van Paternoster is baie vriendelik en lewer oral baie goeie diens."
"Dis 'n wonderlike, rustige bestemming waar mens baie lekker kan ontspan in die natuur weg van al die daaglikse gejaag."
"Baie rustig maar, daar is genoeg om te doen in die gebied as mens wil besig bly. Ons het net die uitsig en die strand geniet!"
"Great beach town - with a lovely holiday atmosphere. It is very close to Cape Town which makes it a very attractive holiday destination. "
"Ek het geen negatiewe kommentaar oor Vredenburg nie. Dit is baie sentraal geleë, en naby alles, met baie gerieflike besienswaardighede."
"Jacobsbaai is a bit far from tourist attractions, you must be willing to drive out to see places and attractions that Cape Town has to offer. But for total relaxation, I would highly recommend this place. "
"Die winkeltjie kan net meer opsies gee, maar verder is die plekkie diep in my hart. Ek kuier al vir jare op Strandfontein, die beste."
"Klawer is die tyd van die jaar in sy glorie, ryk aan druiwe, dit lyk asof ons in 'n ver land was, tog is ons net van Vredendal. Lekker Klawer."
"Street names not visible on all street corners, difficult to locate at night time. Water ways very clean, and well-kept, and birdlife an extra bonus. "
"Jacobsbaai is pragtig en daar heers rustigheid oor die dorp. Die Weskusplek Restaurant kan hulle spyskaart verbeter, die 4 opsies op die spyskaart was nie beskikbaar toe ons bestel het nie."
"Beveel dit aan vir enige persoon dis 'n wonderlike, rustige area. Alles is naby winkel, aktiwiteite en see. Sal beslis weer gaan. "