Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3412 resensies.
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Sea Kaya"Lekker vakansiebestemming. Personeel van winkels is so vriendelik en opgewek."
Paradise Beach, Sarah Baartman-distrik
Marine Paradise Guest House"Dit is baie veilige en rustige omgewing."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
DeMist Beach Cottage"Baie lekker omgewing, baie om te sien en te doen."
Colchester, Sarah Baartman-distrik
Parkview Safari Lodge"Op aanbeveling van Parkview het ons die Sunset River Cruise saam met Wayne gaan doen, was baie lekker en duine-klim by die see was hoogtepunt."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Country Cottages"Nieu-Bethesda was 'n aangename verrassing. Ons kan die boekwinkel en deli wat ons besoek het, beslis aanbeveel. Ons sal weer hier kom kuier."
Bushmans River, Sarah Baartman-distrik
Slipway SC"Rustig en pragtig! Gunsteling vakansiebestemming! "
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Pilbra Beachfront Self-catering Apartments"Bluewater Bay has all the necessary amenities close by which helped make our holiday enjoyable. "
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Embo Guest Villa"Bluewater Bay was really quiet and the beaches aren't the best, but it's located close to the highway. It's perfect for me as I travelled back and forth to PE and it didn't take me more than 15 minutes to get to my locations. Very underrated area and won't mind staying in the area again when on holiday."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Little Rose Self-Catering"Strate se lyne moet meer sigbaar gemaak word, andersins 'n baie lekker plek."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
And The Cow Jumped Over The Moon..."Dit was 'n wonderlike ervaring! Mooi dorpie en het absoluut heerlik gebly. "
Humansdorp, Sarah Baartman-distrik
40B Guesthouse"Ek persoonlik dink nie Humansdorp self is veel meer as 'n klein, slaperige, plattelandse dorpie nie. Maar dit is baie naby aan Jeffreysbaai, St Francis, Oesterbaai en net 'n uur of so se ry van verskeie lieflike strande by plekke soos Stormsriviermond en Plettenbergbaai. 'n Baie goeie basis vanwaar jy allerhande wonderlike plekke kan besoek. En die dorp het genoeg supermarkte en "Fast food"-winkels om jou maag permanent vol te hou, asook meeste van die groot banke. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam. "
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Dor en droog vir nou - lyk my Des en Jan is die warmste maande, so dit kan warm raak in dié tydperk! Interessante plekke om te besoek, veral vir die wat belangstel in fossiele en hulle geskiedenis! As jy van alles wil wegkom en sterrekyk, is dit die plek! Koop 'n uiltjie by die Uilhuis, ry op 'n donkiekar, en gaan kyk na die mooi kerk as jy net daar oornag op pad see toe of huis toe, anders verken die area 'n bietjie langer saam met Graaff-Reinet en omgewing."
Humansdorp, Sarah Baartman-distrik
40B Guesthouse"Sal nie as 'n toeristebestemming beskou nie, maar is naby die werklike toeristebestemmings! "
Pearston, Sarah Baartman-distrik
Turksvygrivier Safari's"Dit was ons eerste keer daar. Die enigste probleem is beskikbaarheid van winkels. En ongelukkig eis die droogte sy tol. "
Steytlerville, Sarah Baartman-distrik
Steytlerville Villa Guest House"Tipiese klein Karoo dorpie. Ons het baie lekker geëet by die Royal Hotel wat uit hulle pad gegaan het om ons te help 15 min nadat hulle al toegemaak het."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Doornberg Guest Farm"Quirky and quaint little town in the Karoo. Worth a visit if you are in the area."
Kaap St. Francis, Sarah Baartman-distrik
Cape St Francis Resort"Great location in close proximity St Francis amenities."
Kaap St. Francis, Sarah Baartman-distrik
Cape St Francis Resort"Dit is 'n pragtige dorp waar mens kan rus met baie om ook te doen as jy wil besig bly."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Hartsplek - die perfekte plek om te gaan siel skoonmaak."
Seaview, Sarah Baartman-distrik
Wild Break Self Catering"Seaview het baie ongemaklike rotse om op te loop. Maar daar is wel baie see lewe soos dolfyne, seekatte, seesterre, alikreukels en vissies om te aanskou."