Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"Uitstekende wegbreek om weer te kan herlaai en die wonder van ons wêreld te ervaar vir enige iemand wat naby genoeg is, of die moeite werd om van ver af te kom. Ek dink Clarens is absoluut enig in sy soort in SA."
"Ons het die white river rafting deur Clarens Xtreme aangepak en dit was absoluut die moeite werd! Ek sal dit enige tyd aanbeveel."
"Dit was ons eerste besoek, maar beslis nie ons laaste nie. Besoek gerus die Duitse restaurant, Rotter Hanh, wat net van die plein af is. Ons het hom amper gemis. Dis 'n lekker kuier restaurant met 'n idilliese uitsig en uitstekende kos en bier."
"Always add an additional day to stay as there's a lot to see. Nice place to visit."
"Lekker wegbreek vir 'n naweek of langnaweek met genoeg aktiwiteite in die nabye omgewing."
"Clarens is nog 'n juweel in die SA-landskap. Ons het veilig gevoel. Die dorp is besonders skoon."
"Altyd iets nuut om te ontdek. Wens net meeste winkels wil bietjie langer oopbly oor 'n naweek!"
"Verrassend anders as plekke soos Dullstroom en Parys. Winkels het kwaliteit en 'n groot verskeidenheid teen bekostigbare pryse."
"Dit is 'n baie mooi, toeriste dorp. Defnitief 'n moet besoek vir enige iemand wat van die natuur hou."
"It says a market every Saturday but this does not seem to be the case when speaking to the regulars/people that live there. With this being said, they do have events on nearly every weekend."
"Clarens was everything that we expected it to be, very tranquil, artsy and had a lovely vibe."
"Slegte grondpaaie en geen ordentlike winkels om al jou kruideniers vir die kuier te koop nie, so pak dit maar eerder in. Dis 'n asemrowende omgewing en die moeite werd om te besoek. Lekker wandelpaaie en 'n ontspanne atmosfeer. Oulike klein winkeltjies om te besoek. Vriendelike mense."
"Die besoek was om voëls af te neem, nie baie voëls of wild nie, maar die berge is waaroor dit gaan.Die mense is vriendelik, net meer inligting oor die dorp is nodig. Het nie 'n inligtingskantoor met kaarte en inligting nie. Ook inligting op internet is ook nie baie korrek nie. Afgesien van dit het ons onsself terdeë geniet. Het lekker gerus."
"Clarens is the most beautiful little town to visit and it has so much to offer. The surrounding mountains and bright blue sky makes it feel like a little piece of paradise. There is a wide variety of shops and awesome restaurants. The vibe is amazing! It is perfect for families, couples, bikers and dog lovers."