Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3007 resensies.
"Sommige van die restaurante se kliëntediens was nie van die beste nie. Die gholfbaan was puik."
"Fantastiese dorp, vreeslik skoon, en baie vriendelik. Ons het die Baris Monger Cheesery geniet so 10 km uit die dorp uit. Ons het heerlik tot by die Lesotho-grens gery en laat middag drankies geniet by Roter Hahn."
"Clarens, omring deur die pragtige berge, met soveel verskillende winkeltjies is beslis 'n dorpie om te besoek."
"Love Clarens. Has a little bit of everything you would need for a getaway to the mountains."
"Clarens bly 'n lekker plek om te besoek. Daar is genoeg afleiding as jy verveeld is en genoeg rustigheid as jy net wil rus."
"Was aangenaam verras om die nuwe winkeltjies te sien wat oopgemaak het in d dorp. Dis 'n welkome toevoeging vir toeriste."
"Lekker, besige plek met aangename winkels, maar ook die staproetes was heerlik en mooi."
"Clarens het baie swaar gekry met die Covid, maar is besig om vinnig te herstel. Dankbaar vir al die besighede."
"It is absolutely stunning and we loved the little shops etc. Loved the hiking trails."
"Ons het Clarens baie geniet. Oulike winkeltjies, lekker eetplekke en die mooiste omgewing om in rond te ry of te stap. Heelwat om te doen vir oud en jonk, avontuurlustige, kunsinnige of sommer net gewone mense."