Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Klein, maar pragtige en skoon plek. My geboorte dorp, so dit sal altyd na aan my hart bly."
"Beautiful town, if you are a nature lover, a stay over here is recommended. Travel the Swartberg pass for an awesome and breath taking experience. You must travel the pass in both directions to appreciate the beauty of the mountains from different angles."
"Oulike dorpie aan voet die van die pragtige Swartberge en Towerkop. Naby genoeg aan dorpe soos Oudtshoorn, Stilbaai en Mosselbaai."
"Mooi skoon dorpie met vriendike mense. Berge pragtig en omgewing. Swartberpas was 'n belewenis om uit te ry."
"Ons het nie alles kon besigtig nie, die toeriste informasiekantoor was toe, maar die mense in Prins Albert is fantasties."
"Ek sa graag meer wil sien van Prins Albert. Dit was vir my 'n oornagstop op 'n langer reis."
"Sutherland was 'n aangename verrassing. Ons het al drie toere gedoen en dit was baie leersaam. Ons gaan beslis weer besoek wanneer dit sneeu."
"Pragtige dorp en heerlike toerismebestemming in Karoo. Krediet aan die plaaslike munisipaliteit wat die belangrikheid van toerisme verstaan."
"Ek dink die mense in die dorp is nie baie vriendelik nie. Ek het my verblyf geniet. Ons was by die mark op die dorp en mense het ons net aangestaar, glad nie behulpsaam nie."
"Dié kerk was 'n belewenis asook Tjol se gat. Ons sterrekyk is gepootjie deur bewolkte weer."
"Mense is deurgaans vriendelik, ons het die ontspanne, gasvrye atmosfeer geniet, en vir 'n Johannesburger was dit vreemd, maar lekker om in die strate te kon stap en heel veilig te voel. Die netheid van Prins Albert het ons ook opgeval."
"Dit was op ons "bucket list" en ons het dit terdeë geniet. A.g.v. die afstand van Gauteng af sal ons nie weer Sutherland besoek nie, maar almal behoort een maal daar te draai."