Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2342 reviews.
"Robertson se mense is vriendelik en alles wat nodig is, is beskikbaar. En moenie die Affie Plaas padstal vergeet nie."
"Doen moeite en kry 'n kaart van al die dinge wat 'n mens in en om Robertson kan doen - anders gaan jy spyt wees."
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."
"Ja, besoek Klipdrift! Hulle was uiters professioneel en het ons baie vriendelik ontvang. Ons het baie welkom gevoel. Ek kan beslis hulle hamburger aanbeveel!"
"Pragtige dorpie, baie uniek met vriendelike mensies. "
"Regte plattelandse dorp waar jy die waarde van rus besef ... die 'locals' is baie vriendelik en mens kuier lekker by die plaaslike restaurante."
"Baie oulike, skoon dorpie. Met die deurry wil mens stop-stop want daar is soveel interessante plekkies om te kuier."
"Would love to explore the town and will most definitely plan a breakaway soon."
"Ons het verlief geraak op McGregor en wil daar gaan aftree. Van die beste pizza wat ek nog ooit geproe het by Sofia's."
"Mooiste plekkie met al die kelders, veral Boplaas, en dan nog lifelike geboue ook. "
"Pragtige dorpie - lekker eetplekke - mooiste omgewing, natuur is hemels!"
"McGregor is 'n stil, rustige, maar vriendelike plattelandse gemeenskap. Die mense is soos die mense van ouds - hartsmense. "
"Wou twee nagte bly maar moes besoek kortknip. Min mense op De Rust weet van Toorwaterpoort."
"Enige reisiger moet een of ander tyd in sy lewe 'n draai maak op Calitzdorp. Die munisipaliteit kan gerus meer moeite doen met die voorkoms van die dorp. Veral die teerpaaie het baie aandag nodig."
"So lekker om weer in so 'n plattelandse dorpie te kon wees, waar jy nog in die middel van die straat kan afstap en diere op die kleinhoewes in die dorpie te sien. Die mense is bevoorreg om nie so 'n gejaagde lewe te lei nie soos ons in die stad nie."
"Ek moet spesiaal meld dat die dame by die inligtingskantoor in McGregor uiters hulpvaardig en ingelig is. Sy is haar gewig in goud werd."
"Wat 'n lieflike, vriendelike dorpie. Ek het nogal gesê ek sal in McGregor bly en in Robertson werk as dit so sou kon wees. Mense mense en wat treffend was om elkeen 'n kans te gun om sy besigheid sukselvol te maak, is die feit dat elkeen spesifieke unieke items verkoop, nie een winkel is 'n copy of het copies van ander nie.... eintlik 'n groot les hieraan."
"Ons gunsteling Boland-dorp. Baie om te doen en die wynlande en wynplase is werklik beeldskoon ongeag die tyd van die jaar."
"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"
"Besig om agteruit te gaan. 'n Paar padstalletjies was met vorige besoeke uitstekend en toe verander van eienaar, en nou nie meer dieselfde nie. Baie jammer maar seker die gang van dinge."