Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7847 resensies.
"Well situated to avoid the N1 via the N12 alternative. But great pity the Free State provincial roads are terrible. The state now makes visits to small towns and rugged countryside impossible."
"Al my verwagtinge oortref - pragtige omgewing met wonderlike plat-op-die-aarde mense - wat 'n wonderlike plek moet die nie wees om in te woon nie!"
"Besoek gerus die naburige dorp, Vosburg. Gaan kyk na vindingrykheid van die gholfbaan!"
"Ons het nie baie veilig gevoel in die dorpsgebied waar ons aankopies gedoen het nie. Colesberg is egter 'n ideale halfweg-oornagplek."
"Heelwat te sien in die omgewing, kort miskiem net nog 'n gesellige eetplek of twee."
"Dis maar 'n klein dorpie - dink dit word maar meestal deur reisigers gebruik vir oornag na hul eind-bestemming."
"Het nog altyd net daar verby gery. Maar nadat ons daar oornag het, sal ons graag die dorpie meer volledig wil verken en langer bly. Dit is definitief volgende op ons vakansie agenda."
"Colesberg se strate kort instandhouding en sypaadjies moet skoon gehou word. Heelwat geboue kan doen met 'n blik verf."
"Ek dink Calvinia is tydens blommeseisoen en die Vleisfees die ideale bestemming met oulike gastehuise en ook 'n paar uitstekende restaurante."
"'n Moet vir natuurliefhebbers. Die detail is in die natuur se klein dingetjies en die ongelooflike vistas. Neem jou tyd en moenie haas nie."
"Dit lyk na 'n baie oulike dorp. Ongelukkig was meeste besienswaardighede toe. Ons het wel baie lekker geëet by Die Vetmuis Restaurant. Die diens was ook baie goed."
"Dit wat ons gesien het was goed. Lekker restaurante. Die weer was fantasties."
"Upington is 'n groot, mooi dorp. Ons was teleurgesteld met die museum (by The Red Ox) - dit was 'n weeksdag in besigheidsure, maar die museum was toe sonder enige kennisgewing. Personeel se voertuig buite die museum, maar geen diens hoegenaamd. Ek dink dis baie swak en iets waarop verbeter kan word."