Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7918 resensies.
"Baie lekker dorp om in te bly, almal is baie akkommoderend. Ons het al by verskeie gastehuise in Colesberg vertoef en het dit nou 'n vaste reëling gemaak. "
"Klein dorpie met pragtige outydse huise en afwerkings, vriendelike mense, heerlike kos."
"Plattelander Restaurant was fantasties! Lekker Karoo-lam. Pragtige dorp. Mens kan 'n paar dae hier rondkyk. "
"Te veel werkloses slenter na 17:00 in die strate rond. Sou graag die dorp te voet wou verken, maar voel nie veilig."
"Colesberg is 'n noodsaaklike oorslaapplek langs die N1 en bied wonderlike verblyf aan moeë reisigers. Ons slaap daar oor sedert 1972 en sal steeds so dikwels as nodig daar oorbly. Colesberg is tops!"
"Daar is nie baie om te doen nie en ek dink mense gebruik maar net die dorp om die lang reis te verlig. Ons het regtig baie lekker geëet by Bordeaux, maar was te moeg om nog rond te ry in die dorp. Dit is wel lekker rustig en genoeg vir 'n nag oorslaap."
"Vosburg 'n spesifieke destinasie vir ons. Dit was die eerste hotel waarin ek geslaap het 44 jaar terug. Ek het spesifiek ons vakansie daarom gereël."
"As daar 'n teerpad is om die dorp te bereik, sal dit makliker wees om besoekers te lok."
"Friendly, very neat and clean with emphasis on the little extras and detail. Totally enjoyed the stay!"
"A quiet, clean peaceful little town. We will certainly go back there and spend a few more days rather than just a stop over. "
"Goed vir oorslaap op pad Namibia toe. Ook om die Oranjerivier streek te besoek. Ry uit na Keimoes en Kakamas. Die padstalle het lekker eetgoed, koffie en selfs boeke. Stop by Oranje Rivier Kelders in Upington."