Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.06 uit 5 gekry volgens 3914 resensies.
Jeanne M. - 12th July 2018
staying in Hanover, Noord-Kaap
Hanover is 'n pragtige dorpie waar tyd stilgestaan het.
Philip J. - 11th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Uniek. Mense spesiaal. Wil graag besoek wanneer dit sneeu.
Nd S. - 11th July 2018
staying in Kathu, Noord-Kaap
Lekker plek!
Hendrik S. - 11th July 2018
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë.
Hannelie V. - 11th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie interessante plekkie, maar dit is asof die besigheideienaars gelukkig is met sub-standaard. Die dorpie het soveel potensiaal. Ongelukkig kan die reuk van urine jou afsit , orals waar ons gestap het het dit na urine geruik. Sterland is die beste uitstappie tydens ons besoek. SALT was 'n ander ondervinding, hulle aanvaar kontant by die curio winkel maar nie as jy jou toer wil betaal nie. Emmerskoplysie item - gemerk.
Ellen M. - 11th July 2018
staying in Williston, Noord-Kaap
Baie oulike en netjiese restaurant in die hoofstraat! Heerlike kos en atmosfeer.
Sean S. - 11th July 2018
staying in Lindene, Noord-Kaap
Do use a GPS as the street signs are painted on the curbs and not easy to see.
Karline K. - 11th July 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Daar kan dalk so bietjie opgeskerp word op sekuriteit.
Marina L. - 10th July 2018
staying in Upington, Noord-Kaap
Skoon, netjies, Afrikaans, vriendelik en sentraal om heelwat toeristebestemmings te kan besoek.
Khurshiedah J. - 10th July 2018
staying in Herlear, Noord-Kaap
Baie naby die Groot Gat.
Ria V. - 10th July 2018
staying in Griekwastad, Noord-Kaap
Wonderlike mense!
Natasja L. - 10th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Net jammer ons het die sneeu gemis.
Gillian P. - 10th July 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Klein en vriendelik.
Eugene H. - 9th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Awesome klein dorp.
Nelius V. - 9th July 2018
staying in Loxton, Noord-Kaap
Baie mooi Karoodorpie. Sal weer daar stop en meer verken.
Louise V. - 9th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Natuurlik baie koud gewees. Sal in somer kom sterre kyk. Kinders het baie lekker in oorblywende sneeu gespeel. Baie lekker geëet by Cluster d'Hote. Beste lamskenkels in die wêreld. Nie genoeg tyd gehad om alles te sien nie, sal definitief die dorp weer besoek.
Louise V. - 9th July 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Vriendelike mense. Baie lekker ontbyt by Die Hantam Huis!
Janice H. - 9th July 2018
staying in Douglas, Noord-Kaap
We visited Douglas briefly, to buy firewood and to have a quick look around. We did not visit any tourist destinations, as we were staying in accommodation about 15 km away.
Nico P. - 8th July 2018
staying in Groen Kalahari, Noord-Kaap
Hemel op aarde.
Connor T. - 8th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
The stargazing is indescribably beautiful.
Melise S. - 8th July 2018
staying in Rhodesdene, Noord-Kaap
Baie winkels en alles wat jy nodig het is bymekaar.
Fw K. - 8th July 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie mooi dorpie wat goed geleë is om die pad af Kaap toe korter te maak.
Johan K. - 8th July 2018
staying in Springbok, Noord-Kaap
Die dorp het skynbaar sy eie politieke en bestuursprobleme, maar die skoon strate, ten spyte van slaggate in sommige, was opmerklik.
Mariza L. - 8th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die Sterrekyk by Jurg Wagenaar en besoek aan die sterrewag en Louw huis was werklik ‘n belewenis. Dis jammer, maar duidelik soos in so baie kleiner plattelandse dorpe, dat owerhede die waarde van onderhoud en verfraaiing onderskat. Vergeleke met, bv. Merweville en Prins Albert kom die dorp self verwaarloos voor en dis jammer, want Sutherland is die moeite werd om te besoek.
Anna-Maria F. - 7th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Fantastiese plek met asweome mense en eetplekke! Wonderlike plek om 'n paar dae net rustig te wees, die vars lug te geniet, asook die pragtige helder sterre.
Elsade K. - 7th July 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Pragtige dorpie.
Deon J. - 6th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Moenie in die winter by Total diesel ingooi nie! Dit het vir ons voertuig oneindige moeilikheid veroorsaak.
Heinrich V. - 6th July 2018
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Kuier altyd lekker in Kimberley. Aangename mense.
Elizabeth J. - 5th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dorpie het baie potensiaal vir toeriste attraksies. Ek sou beslis 'n lekker koffie en koek winkel wou open en dalk aktiwiteite vir kinders ontwerp.
Gerhard V. - 5th July 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die dorpie is verwaarloos en het die laaste paar jaar baie agteruitgegaan.
Louise R. - 5th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ek sal altyd terugkeer Sutherland toe. Die heerlikste skaaptjoppies gekoop by die slaghuis daaronder. Die kos van die Withuis in die hoofstraat was buitensporig lekker. Die sop, die lamsburger en die steak was tops en sal ons definitief weer daar gaan eet. Lekker.
Wendy S. - 5th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
We loved the natural beauty, the journey there, the stars, the stargazing experience at Sterland (highly recommended), and the accommodation at Primrose Cottage. However, trying to see the NP Van Wyk Louw house and the church turned out impossible (we had a phone put down in our ears at one point). Also, the restaurants are somewhat overpriced and wishy-washy in their hours. Be prepared for a real small-town, afternoon nap attitude to tourism.
Anne-marié V. - 4th July 2018
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie oulike dorp, sal vir seker weer gaan draai maak.
Amanda H. - 4th July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie koud en so spyt ons het die sneeu gemis. Wondelike dorpie.
Amanda L. - 3rd July 2018
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie gerieflike stop tussen Kaapstad en Gauteng.
Odette G. - 3rd July 2018
staying in Richmond, Noord-Kaap
In Oktober elke jaar is daar 'n unieke boekfees.
Elsie H. - 3rd July 2018
staying in Hadison Park, Noord-Kaap
Baie goed!
Louwtjie G. - 3rd July 2018
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Baie moeilike dorp om deur te ry met die paaie wat om die Gat verander is.
Ulrike E. - 3rd July 2018
staying in Augrabies, Noord-Kaap
The falls are spectacular. We wanted to eat our packed lunch at the falls and were physically attacked by monkeys.
Andrew B. - 3rd July 2018
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Een plek wat beslis op elke mens se emmerskoplysie moet verskyn. Die bonus van goeie sneeu-neerslag het dit natuurlik een van ons beste wegbreek-naweke gemaak vir 2018! Ek sal Sutherland aanbeveel aan enigeen.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za