Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1897 resensies.
"Klerksdorp kort 'n goeie skoonmaak. Die dorp in besig om uitmekaar te val net soos Mafikeng. Dit is maar sekerlik 'n probleem in baie ander dorpe."
"Ek was aangenaam verras met die dorp, en die ontstaan daarvan."
"Gastehuise moet miskien net aandui dat hulle na aan die Universiteit is. Ons bespreek die afgelope 4 jaar verblyf in Potch om ons dogter wat 'n student is te besoek en sou net graag verblyf wou hê na aan die Universiteit. Dit is miskien net raad vir gastehuise om miskien voorsiening te maak vir ouers wat hulle kinders besoek."
"Dit is jammer om te sien dat so 'n geskiedkundige klein dorpie so vervalle begin raak in 'n wêreld waar die ekonomie al moeiliker raak."
"Besoek beslis die infosentrum. Dit is die hart van die dorp en Santa is ’n wonderlike mens om te ontmoet."
"Het in die negentigjare met Reef Steamers se vintage stoomtrein gereis vanaf Johannesburg-stasie na Potchdam, toe die trein daar arriveer was braaivure gereed vir passasiers om hul eie vleis te braai, hulle moes eie opvoustoele saamneem en eetgerei, na twee ure het die trein terug vetrek na Johannesburg. Stoomtreinrook, braaivuurrook en die gefluit van die trein, roet in die hare kop by die venster uit met wind in die gesig, die golwende mielielande en huilende Wilgebome by die stroompie water in die wind, dit alles is harmonieus, wat meer wil stadskind hê. Dit voel of die trein moet stop by die padkruising sodat President Paulus Kruger te perd die spoorlyn kan oorsteek. Ek het ook ongeveer drie jaar gelede Aardklop bygewoon vir dag en aand vertoningbedsprekings, het oornag by vriende in Parys. Dit was klassieke vertonings, sal altyd Aardklop aanbeveel. Potch is definitief 'n studente- en landbougemeenskap."