Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Lynn S. - 7th January 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Vandat ons Desember daar vakansie gehou het, wil ons self graag ‘n huis daar koop! Dis ‘n wonderlike bestemming met ‘n skoon wit strand wat aangaan en aangaan. Die seewater is lekker warm. Die dorpie is ideaal vir vakansiegangers wat wil wegkom van hustle en bustle, maar is ook naby genoeg aan George sou jy die winkelsentrum wil besoek.
Jeanne K. - 7th January 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Dis ons plek!
Joslyn L. - 6th January 2018
staying in Bodorp, Tuinroete
Hoogs aanbeveel.
Megan D. - 6th January 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Baie lekker vakansiedorp.
Natalie S. - 6th January 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Love it, even in busy season it doesn't feel busy.
Antoinette D. - 6th January 2018
staying in George, Tuinroete
Skoon, netjies en daar is alles waarna jy soek.
Werner B. - 5th January 2018
staying in The Island, Tuinroete
Fantastiese vakansie bestemming. Sal dit enige tyd aanbeveel, en word altyd hartseer om die plek te verlaat.
Gerry W. - 5th January 2018
staying in George, Tuinroete
Die Saterdagmark en Bessie plaas is treffers.
Selma G. - 5th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Rust en Vrede waterval is ‘n moet al is dit bietjie ver uit die dorp. Karusa wyne is heerlik vir ‘n ligte middag ete.
Heather E. - 5th January 2018
staying in Klaarstroom, Tuinroete
For overnight en route through the Karoo and maybe another day or two.
Soné O. - 5th January 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Ongelooflike weer en genoeg vermaak vir gesinne met klein kinders.
Ronell D. - 5th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie naby aan al die toeriste aantreklikhede en dis 'n pragtige en skoon dorp in 'n wonderlike omgewing. Al is dit droog is die natuurskoon absoluut pragtig. Baie dankie LekkeSlaap vir hierdie vakansie ons het dit waarlik geniet.
Niel B. - 5th January 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Die verkeer is 'n nagmerrie op die N2 en daar is nie regtig 'n veilige swemstrand nie. Die hekke was gesluit so ons kon nie van Wildernis die see bereik sonder om te ry nie. Bou ten minste 'n veilige voetoorgang oor die N2 om by die see uit te kom.
Michelle O. - 5th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Pragtige dorp. So baie om te doen vir ma, pa en kinders.
Koot P. - 5th January 2018
staying in Vleesbaai, Tuinroete
Mooiste plekkie!
Hennie J. - 4th January 2018
staying in Hoekwil, Tuinroete
Vêr genoeg van gewoel en geraas van vakansiegangers maar naby genoeg aan baie besonderse besienswaardighede!
Akbar Z. - 4th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
A 10-star holiday destination.
Sudine K. - 4th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Daar is heelwat plekke wat besoek kan word, maar dit kort finansiële beplanning.
Anton S. - 4th January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie om te sien.
Will D. - 4th January 2018
staying in Santosbaai, Tuinroete
Die beste!
Theresa V. - 4th January 2018
staying in Sedgefield, Tuinroete
Fantastiese familie bestemming wat nie te besig is nie en 'n veilige strand het vir klein kindertjies.
Luvellynn V. - 4th January 2018
staying in Heatherlands, Tuinroete
Ek sal enige tyd Heatherlands vir enige iemand aanbeveel.
Anita L. - 4th January 2018
staying in Heather Park, Tuinroete
Goed geleë.
Jeanette K. - 4th January 2018
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Naby als.
Jolanda V. - 4th January 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Min om te doen vir kinders. As jy nie 'n boot het nie is die aktiwiteite op Witsand maar beperk. Winkels is baie duur, moet alles saamneem anders betaal jy jou ore van jou kop af.
Alida V. - 4th January 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Ons wil elke einde van die jaar vakansie in Stilbaai-Wes deurbring!
Nelmare C. - 3rd January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Die beste plek vir vakansie.
Luzanne S. - 3rd January 2018
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Als wat jy nodig het is daar. Van winkels tot droogskoonmakers. Baie gerieflike vakansieplek.
Alta G. - 3rd January 2018
staying in Stilbaai-Oos, Tuinroete
Die mooiste plek op aarde!
Jeanette D. - 3rd January 2018
staying in Heather Park, Tuinroete
Mooi en netjiese woonbuurt.
Maureen W. - 3rd January 2018
staying in Baviaanskloof Ingang, Tuinroete
Die gebied is regtig mooi en ongerep. Dit is ook baie veilig aangesien die toegangsroetes beperk is en alles verafgeleë is. Die paaie is nie die dubbel snelweë van Gauteng nie alhoewel sommige toeriste wel so dink. Beweeg stadig en versigtig om draaie en oor blinde hoogtes want daar is ongelukkig die enkele jaagduiwels wat nie hul spoed by die pad omstandighede en sigbaarheid aanpas nie en die plaaslike gemeenskap sowel as ander toeriste se ervaring versuur.
Caureen C. - 3rd January 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Beslis 'n plek wat ek weer wil besoek. Rustige atmosfeer, pragtige huise en vriendelike mense!
Roelien V. - 3rd January 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Pragtig.
Louis J. - 3rd January 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Ons gaan elke jaar, elke jaar is ons nie teleurgesteld nie. Net nog een van SA se beste bestemmings!
Francois M. - 3rd January 2018
staying in George, Tuinroete
George is sentraal in die Tuinroete geleë, wat dit lekker maak om rond te toer. Aan die een kant is Grootbrak, Kleinbrak, Hartenbos, Mosselbaai en Stilbaai, aan die ander kant is Victoriabaai, Heroldsbaai, Wildernis, Sedgefield, Knysna en Plettenbergbaai. George bied ook uitstekende restaurante wat 'n groot verskeidenheid insluit.
Bianca D. - 3rd January 2018
staying in Knysna, Tuinroete
Daar is nie swemstrande nie. Die naaste een is Buffelsbaai of Plettenbergbaai.
Loraine S. - 3rd January 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Rustige dorp in hoog seisoen met goeie verskeidenheid van restaurante en besienswaardighede.
Jana S. - 3rd January 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Heerlike vakansiedorp met alles wat mens benodig. Daaglikse vars vis op die hawe was 'n bonus.
Bonita B. - 3rd January 2018
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Groot-Brakrivier is nie so besig soos Hartenbos nie en die winkels kan mens besoek sonder om in rye te staan.
Richard V. - 2nd January 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Mens wil nie teveel oor Hartenbos uitbrei nie, anders wil die hele Suid-Afrika hier gaan vakansie hou.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za