Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 43854 resensies.
"Was baie tevrede met die wonderlike diens wat ons by Pebbels en die haarsalon in die Blaauw Berg hotel ontvang het. Waves en Blue Peter restaurante se diens is uiters swak en beveel ek dit nie aan nie. Doodles restaurant het slegs beperkte etes beskikbaar met load shedding. Blaauw restaurant het uitstekende kos en ek beveel hulle met graagte aan."
"'n Baie lekker dorpie vir net rustig wees en afskakel. Die strand is asemrowend en skoon!"
"Was my eerste besoek, maar ek sal weer terugkom. Mal oor die natuurskoon en die baie skoon uitgestrekte strand. Sal volgende keer my visstok saambring."
"Het seker so na 30 jaar of meer weer hier aangedoen - wat was my verbasing om te sien hoe die plek ontpop het en nog steeds besig is om te groei - dit was verbasend."
"Daar moet dalk nog 'n kafeetjie wees wat tot later saans kan oopbly. Mens ry uit vir die dag en kom laat tuis besef iets nodig en winkel maak al 18:00 toe."
"It is very clean and quiet. Very relaxing. All the restaurants are great."
"Jacobsbaai is 'n pragtige dorpie en mense is vriendelik en praat Afrikaans. Daar is nie 'n strand nie so die wat lief is vir stap op die strand gaan dit mis. Baie veilig met sekerheidsmaatskappy wat patrolleer en baie vriendelik is. Net die enigste winkeltjie is baie duur en diens is maar power."
"As jy 'n stil plekkie soek, maar nog steeds in die Kaap wil wees. Is dit die plek waar jy wil slaap."
"Strand has wonderful, sea and mountain views, very clean and tidy, it has all the amenities a person could want. Strand lacks nothing, providing a peaceful getaway vibe! Truly amazing!"
"Swellendam is vreeslik mooi en netjies, werklik 'n plesier komende vanaf Gauteng. Hou asb. so!"
"Lekker wynproe en heerlike kos. Bierbrouery toetsing ook heerlik. Goeie haarkapster. Goeie verblyf. Gasvryheid."