Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Baie mooi, maar baie duur orals. Nie net Stellenbosch nie ─ orals in die Kaap. "
"Die mense en algehele publiek is baie vriendelik en kan gerus 'n pluimpie van waardering toegedien word. Dit maak sommer dat jy op jou gemak is. Strande is baie mooi skoon net 'n jammerte dat die warm water swembad toe was weens opgradering."
"Shops and restaurants can make more of an effort to welcome visitors outside school holiday periods. Shops and restaurants closed very early making it difficult for those not on self-catering."
"Ons het verlief geraak op Groot-Brak, al die ander plekkies in die omgewing is ook baie mooi, maar Groot-Brak is ons gunsteling."
"There are no history boards or a museum where you can read about the history of Kassiesbaai and Arniston."
"Oulike dorp en veilig om te stap. Tog jammer van die leeglêers. Pragtige tuine en huise en die dorp is mooi onderhou. Besoek gerus Genadendal ook. Maak seker jy boek by die restaurante en as jy in die week reis sal baie restaurante toe wees. Die restaurante is van baie goeie gehalte en die diens is puik!"
"Dis 'n rustige, vriendelike en pragtige kusdorpie. Sal altyd weer daarheen gaan vir 'n wegbreek."
"I absolutely love Still Bay - it is my favourite holiday destination in the Western Cape. Interesting walks and beautiful beaches. Something for everyone here!"
"Verskeie restaurante en snuffel-winkels is slegs 10 km vanaf Mountain Cabin. 'n Pragtige plattelandse dorpie wat die moeite werd is om te besoek."
"Cape Town has everything to offer even the most discerning traveller. Five-star beaches, more vineyards than anyone could visit, stunning scenic drives in all directions, friendly people. It is also tidy, clean and safe. WIll always go back to Cape Town."
"Kaapstad self is 'n pragtige plek in die dag, maar in die nag voel jy vreeslik onveilig, maar net 'n paar kilometer uit Kaapstad self, is dit 'n totale ander prentjie. Ek bly baie oor naby Kaapstad vir werk. Die Kaap is 'n stukkie hemel wat vir ons geleen is."
"Great plek. Dis baie rustig en veilig. Strande en dorp is baie skoon. Wil baie graag daar gaan aftree."
"Ons het gaan visvang op die meer saam met JJ's Fishing. Dit was 'n belewenis gewees."
"Such a nice surprise exploring Greyton! Beautiful little town."