Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6819 resensies.
"Jacobsbaai is ongelooflik mooi en baie rustig. As jy 'n bedrywige plek soek, is die nie vir jou nie. Daar is nie veel te doen behalwe rus nie! Heerlik. Lekkerste restaurant, beste ribbetjies wat my man nog geëet het."
"Die aangenaamste, rustigste plek in die hele Wes-Kaap. As jy wil rustigheid weg van stad se gejaag af hê, is Paternoster die regte plek."
"Die plek Lambertsbaai is 'n geselige plekkie. Net te min onthaalgeriewe en winkels en nie geskik vir 'n wegbreek die tyd van die jaar nie. Dit is te koud en te veel wind."
"Goeie plek om te slaap as jy blomme gaan kyk of net 'n rustige wegbreek van die geraas van die stad af wil hê. Lekker wynplase in die omgewing om te verken."
"Beautiful location, away from the hustle and bustle of the city, with amazing views over St. Helena Bay."
"Pragtige kusdorpie met pragtige strand, see en uitstekende restaurante. Beveel aan dat julle buite seisoen daar kuier. "
"A great stop to get away from it all but not much there if you need to be entertained."
"'n Absolute moet wanneer mens in Lambertsbaai is, is om Muisbosskerm te besoek. Dit was absoluut die hoogtepunt van al ons tyd in die Weskus. Onvergeetlike ervaring! Ons sien jou weer, Lambertsbaai!"
"Ons het die Kreeffees bygewoon, 'n heerlike ervaring! Paternoster is goed geleë om die omgewing te verken."
"Lambertsbaai was ons eerste stop teen die Weskus af. Dit was beslis een van die bestes! Sal baie graag eendag weer wil gaan."
"If you are looking for a small rural town with a slow pace of life, then Lutzville is the perfect for a stopover. With vineyards and wine estates close by, who needs hustle and bustle. It is also perfect as the centre point to visit Doring Bay (Fryer's Cove winery), Strandfontein and Papendorp at the estuary of the Olifants River, not to mention the splendour of the West Coast spring flowers."
"Alles was uitstekend van die kosse tot die verblyf. Vriendelike mense en 'n skone dorp. Dit is ideaal vir enige mens."
"Baie aangenaam, net die strande is 'n bietjie vol van die kelp maar aangenaam verras net die laaste dag 'n baie slegte ruik van die visfabriek ondervind."