Daar is min dinge só lekker soos om in ’n warm bad te lê, en nóg meer as dit ’n besonderse uitsig het! Kom loer ’n bietjie na ons lys van plekkies regoor die land met baddens wat met die mooiste uitsigte spog.

Headlands House Guest Lodge, Wes-Kaap

Headlands House Guest Lodge weskaap western cape knysna heads accommodation verblyf lekkeslaap lekkerslaap garden route tuinroete pezula simola bullfelsbaai

Dié luukse lodge is op die hoogste punt van die Knysna-koppe en sorg vir uitstekende uitsigte vanuit die kamers en natuurlik die baddens. Elke kamer het slaapplek vir twee en die personeel hier maak seker gaste word op die hande gedra ─ die resensies gons omtrent oor die gasvryheid by dié kuswegbreekplekkie. Aktiwiteite rondom Headlands House sluit gholfspeel, stap en sommer net lekker lê op die strand in. 

Headlands House Guest Lodge 2 weskaap western cape knysna heads accommodation verblyf lekkeslaap lekkerslaap garden route tuinroete pezula simola bullfelsbaai

Kliek hiér vir die tariewe.

NAD Living, Mpumalanga 

NAD Living witrivier mpumalanga selfsorg self-catering panoramaroete lekkerslaap lekkeslaap

NAD Living is net buite Witrivier en bied pragtige eenhede wat vir paartjies en gesinne geskik is. Die eenhede is op ’n plaas van veertig hektaar geleë en jou troeteldiere is welkom. Kry jou badskuim, ’n koppie tee of glasie wyn en ontspan in dié bad met ’n pragtige uitsig oor die plaas. Kom steek ’n vuurtjie aan, koel in die swembad af en geniet die gerief van dié eenhede met gaskaggels en lugversorging. 

NAD Living 2 witrivier mpumalanga selfsorg self-catering panoramaroete lekkerslaap lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.

Pinnacle Bay Guesthouse, Wes-Kaap

Pinnacle Bay Guesthouse weskaap western cape accommodation sea view see uitsig pinnacle point mosselbaai mossel bay B&B george hartenbos lekkerslaap verblyf

Almal is mal oor ’n see-uitsig ─ veral as jy in die bad kan lê en ontspan terwyl jy na die branders loer. Pinnacle Bay Guesthouse is ’n luukse gastehuis op die Pinnacle Point Landgoed in Mosselbaai. Daar is kamers wat ideaal vir paartjies is en van die kamers het privaat balkonne. Julle kan die landgoed se geriewe, soos ’n gholfbaan, restaurant, spa en twee privaat strande geniet.

Pinnacle Bay Guesthouse 2 weskaap western cape accommodation sea view see uitsig pinnacle point mosselbaai mossel bay B&B george hartenbos lekkerslaap verblyf

Kliek hiér vir die tariewe.

Bundox Safari Lodge, Limpopo

Bundox Safari Lodge hoedspruit wildlife accommodation lekker slaap lekkeslaap wildkyk limpopo glamping Guernsey Kruger Panoramaroete Blyderivier

As julle mal is oor swem, braai of spa-behandelinge is Bundox Safari Lodge nét die plek vir julle. Julle kan ook ’n drankie by die kroeg bestel of heerlike disse by die restaurant geniet. Ontbyt en aandete is ingesluti! Bespreek ’n permatent by Bundox Safari Lodge en geniet dié geriewe en sommer nog baie meer, soos die pragtige bad met ’n uitsig wat jou sal laat voel of jy werklik deel van die natuur is. As julle mal is oor wild, sal julle mal wees oor die wildkyk-geleenthede op die perseel. 

Bundox Safari Lodge hoedspruit wildlife accommodation lekker slaap lekkeslaap wildkyk limpopo glamping Guernsey Kruger Panoramaroete Blyderivier 2

Kliek hiér vir die tariewe.

Forest Valley Cottages, Wes-Kaap

Forest Valley Cottages 2 knysna lekker slaap lekkeslaap selfsorg verblyf self-catering accommodtion rheenedalpad western cape weskaap jacuzzi wood cabon romantic getaway 1

As jy dink die uitsig vanuit die bad is iets besonders, moet jy hier kliek om die die uitsig van die Jacuzzi af te sien! Forest Valley Cottages is in Knysna en bied selfsorg-eenhede vir twee tot vier gaste. Waarvoor wag jy? Kom bederf die spesiale mense in jou lewe met ’n wegbreek in dié sprokieswoud. 

Forest Valley Cottages 2 knysna lekker slaap lekkeslaap selfsorg verblyf self-catering accommodtion rheenedalpad western cape weskaap jacuzzi wood cabon romantic getaway

Kliek hiér vir die tariewe.

Kuriake, Vrystaat 

Kuriake vrystaat free state self-catering selfsorg lekkerslaap clarens

Daar is niks soos ’n uitsig oor die Vrystaatvlaktes om weer rus vir die siel te kry nie. Kuriake spog met selfsorg-eenhede vir paartjies en groter groepe net buite Clarens. Daar is ’n rits lekker aktwiteite in die omgewing, soos kunsvlieghengel, voetslaan, perdry en 4×4-avonture. Julle kan ook op die perseel braai of in die kamers met lugversorging ontspan. 

Kuriake vrystaat free state self-catering selfsorg lekkerslaap clarens 1

Kliek hiér vir die tariewe.

Stoneyhall Farm, KwaZulu-Natal

Stoneyhall Farm 2 underberg kwazulunatal bushmans nek self cartering pet friendly troeteldiere lekkerslaap suidelike drakensberge 1

Gesinspret en ontspanning is aan die orde van die dag by Stoneyhall Farm wat in Underberg in die Suidelike Drakensberg geleë is. In dié bad sal jy beslis van al jou sorge kan vergeet ─ kyk net hoe lowergroen is die natuur wat jy elke oggend of aand kan lê en bewonder. Troeteldiere is welkom, daar is eenhede vir klein en groot groepe en visvang-geleenthede is volop op die plaas. Dit klink mos nou soos ’n wenresep! Vorige gaste meen Stoneyhall Farm is die perfekte plek om weer jou siel te vind. 

Stoneyhall Farm 2 underberg kwazulunatal bushmans nek self cartering pet friendly troeteldiere lekkerslaap suidelike southern drakensberg

Kliek hiér vir die tariewe.

The View, Wes-Kaap

The View self catering west coast sea view langebaan lekkerslaap

The View is in Langebaan en wat dié huis so lekker maak is nie net die uitsigte nie, maar die feit dat dit vir tien gaste geskik is ─ perfek vir ’n groot groep vriende of familie op soek na ’n kuswegbreek. Dié dubbelverdiepinghuis het vyf slaapkamers, ’n binnebraai en ’n swembad met temperatuurbeheer. 

The View self catering west coast sea view langebaan lekkerslaap accommodation

Kliek hiér vir die tariewe.

Oceana Beach & Wildlife Reserve, Oos-Kaap

Oceana Beach & Wildlife Reserve 2 ooskaao eastern cape honeymoon wittebrood wildlife wildkyk lekker slaap lekkeslaap port alfred indian ocean romantic bucket list big 5 accommodation verblyf 1

Oceana Beach & Wildlife Reserve is naby Gqeberha (Port Elizabeth) en is die tipe wegbreek wat enige wittebrood, herdenkingswegbreek en verjaardag-bederf net nog meer spesiaal sal maak. Ontbyt, middagete, aandete, twee daaglikse wildritte en sekere drankies is by dié suites met privaat dekke ingesluit. Die reservaat is die tuiste van meer as 220 voëlspesies en dertig dierspesies, soos renosters, kameelperde en verskeie ander wat dikwels vanuit jou suite gesien kan word.

Oceana Beach & Wildlife Reserve 2 ooskaao eastern cape honeymoon wittebrood wildlife wildkyk lekker slaap lekkeslaap port alfred indian ocean romantic bucket list big 5 accommodation verblyf

Kliek hiér vir die tariewe.

The Seaglass, KwaZulu-Natal

The Seaglass 2 ballito kwazulunatal B&B accommodation verblyf lekkerslaap lekkeslaap KZN 1

The Seaglass is een van die wegbreekplekkies waaroor LekkeSlapers gereeld gons. Hier kan jy B&B-verblyf  in kamers wat ideaal is vir paartjies op ’n heuwel bokant Ballito bespreek. As jy mal is oor ’n see-uitsig, sal jy gaande wees oor dié bad. Van hier af kan jy maklik die area verken en dié kweekhuis-gastehuis is naby restaurante en winkels. 

The Seaglass 2 ballito kwazulunatal B&B accommodation verblyf lekkerslaap lekkeslaap KZN

Kliek hiér vir die tariewe.

Azamare, Wes-Kaap

Azamare 2 weskaap western cape kampsbaai camps bay sea view jacuzzi lekkerslaap lekkeslaap accommodation verblyf 1

Ontbyt is ingesluit by Azamare, ’n gastehuis wat in Kampsbaai skuil. Die perseel is rolstoelvriendelik en geriewe sluit ’n wasgoeddiens, swembad en pendeldiens in. Verken gerus die omgewing en snuffel ’n paar heerlike eetplekkies uit, of geniet aandete of piekniekmandjies wat op versoek by Azamare beskikbaar is. 

Azamare 2 weskaap western cape kampsbaai camps bay sea view jacuzzi lekkerslaap lekkeslaap accommodation verblyf

Kliek hiér vir die tariewe.

Thorn & Feather, Wes-Kaap

Thorn & Feather stilbaai watersport lekkerslaap lekkerslaap verblyf selfsorg self catering kayal ruinroete weskaap western cape

Thorn & Feather is naby Vermaaklikheid, veertig kilometer vanaf Stilbaai en bied eksklusiewe verblyf aan ses volwassenes en drie kinders. Ja, dié hele plek is net julle s’n! Kom geniet ’n wegbreek met geriewe soos kano’s, dubbel- en enkelkajaks, twee staanroeiplanke, spane en reddingsbaadjies vir kinders. Sluit dan die dag in dié bad met ’n uitsig oor die boomtoppe af. Julle het ook privaat toegang tot die rivier met ’n jetty. 

Thorn & Feather stilbaai watersport lekkerslaap lekkerslaap verblyf selfsorg self catering kayal ruinroete weskaap western cape 1

Kliek hiér vir die tariewe.

Daar het jy dit! Twaalf heerlike wegbreekplekkies waar jy ’n glasie vonkelwyn kan skink, kerse aansteek en in ’n pragtige bad kan lê en die uitsig waardeer terwyl die res van die gesin kosmaak, buite-aktiwiteite geniet of solank die vuurtjie aansteek. Bespreek nou

Hooffoto: The Seaglass (LekkeSlaap)