Suid-Afrikaners is dol oor sonskyn, maar daar is iets só sprokiesagtig en betowerend aan sneeu dat min mense dit kan weerstaan. Net omdat ons burgers van Afrika is, beteken dit nie dat wit winters iets is wat ons nooit kan beleef nie. LekkeSlaap het gaan ondersoek instel en ons het ʼn paar plekkies opgespoor waar jy tussen Julie en September kan sien hoe die sneeu soos versiersuiker oor die landskap gestrooi lê. Boonop is wintertariewe gewoonlik laer as somertariewe, so bespreek sommer nóú jou wit winter-wegbreek!

_____________________________________

KwaZulu-Natal

Danksy die majestueuse Drakensberge het hierdie provinsie heelwat plekkies waar jy in die sneeu sal kan speel.

Bergville


Champagne-vallei

Underberg

________________________________________

Noord-Kaap

Die Noord-Kaap is ʼn plek van uiterstes, so in hierdie halfwoestyn word dit nie net snikheet in die somer nie, die winter kan ook sneeu en temperature van so laag soos -10°C meebring.

Sutherland

__________________________________

Wes-Kaap

In die Wes-Kaap sal die sneeuvlokkies nie sommer op jou drumpel val nie, maar die omliggende bergtoppe sal in die winter hul wit mussies aantrek.

McGregor

Ceres

________________________________

Oos-Kaap

Die bergagtige landskap tussen Molteno en Rhodes bied aan Suid-Afrikaners die geleentheid om ʼn sneeuman te bou ─ onthou om ʼn wortel vir Olaf se neusie saam te bring!

Rhodes

Nieu-Bethesda

Hogsback

_____________________________________

Vrystaat

Die Oos-Vrystaat se hooglande, veral in die omgewing van Clarens, is net die plek vir jou om ʼn wit winter-wegbreek deur te bring.

Clarens

Hoewel dit gereeld in die winter by die bogenoemde blyplekke sneeu, kan ons nie waarborg dat dit tydens jou bespreking gaan sneeu nie. Raadpleeg gerus Snow Report as jy wil weet wanneer en waar dit in Suid-Afrika sneeu.

Wanneer laas het jy in die sneeu gespeel? Weet jy van nog plekke waar vlokkies in die winter val?