Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15946 resensies.
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Ou Werf"Bredasdorp is so naby aan die Kaap, en die reis soontoe is pragtig tussen die plase en graanlande. En dan is dit baie naby aan Struisbaai en Agulhas vir dag-uitstappies."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Soli Deo Gloria - Penthouse"Maak seker jy gaan eet by die vele restaurante - van die beste in Suid-Afrika!"
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
Groendraai Accommodation"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
L'Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad
Cape Agulhas Guest House"For peace and quiet and of course being at the Southern most tip of Africa, plus where the two oceans meet, L'Agulhas is perfect."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Abalone Guest House"Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Flamingo Park A2"Stil, rustige vakansie. Eetplekke heerlik. As 'n geheel baie lekker."
Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Perriwinkle Self-catering Accommodation"Rustige dorpie met mooi skoon strande en naby geleë aan die dorp Gansbaai."
Kleinbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Great White Accommodation"Heerlik rustig en naby aan Frankraal/Stanford en Hermanus."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Elianthe's Guest House"Was verras deur wat die dorpie alles bied. Kwaliteit lewenstyl. Asemrowende omgewing."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Linge Longa"Ongelooflike mooi omgewing en ideale wyntoerisme bestemming."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Karoo Art Hotel"Dis 'n plek waar 'n mens meer as een dag benodig om alles te kan sien en beleef."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Aan d' Oewer Bed & Breakfast"Tradisionele kontrei maandeinde wat gepaard gaan met met sy eie uitdagings, maar die omgewing is puik."
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Barrydale is 'n pragtige dorpie en 'n fotograaf se droom. Die dorpie is vol pragtige huisies met yslike agterplase, elk met 'n stukkie boord of wingerd. Op die Route 62 is restaurante om van te kies en te keur. Dit voel kompleet of ons in 'n ander land was."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Kleinfontein"Is 'n mooi plattelandse dorp met alles wat jy wil hê. "
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "