Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7951 resensies.
"Geniet die kunswinkeltjies, dan (of net as kuns nie jou ding is nie) die bier en kaas, dan die gin! Lekker stop gewees, dan deur baie naby Golden Gate wat merkwaardig is vir die verby-vertikale kranse, tot by Witsieshoek vir die Chain Ladder Hike tot bo-op die berge."
"Baie vervalle geword en sommige strate is so vol potholes dat dit amper onrybaar is. "
"Great vibe, good food. Very reasonably priced. I was pleasantly surprised to find that this little village with so many tourists is really well priced and not ripping the visitors off with exorbitant prices on food, drinks and merchandise. "
"Van die plekke wat in ons in die dorp wou besoek, is oor die middag gesluit. Die besoek aan Tiger Canyon is die geld werd! Baie professioneel en goed georganiseer. Hoogs aan te beveel!"
Oos-Vrystaatse Hooglande, Vrystaat
SANParks Glen Reenen Rest Camp"Looking forward to seeing the new dinosaur centre and future improvements."
"G on V is great. The food and location at O's are wonderful. Nice shops. Lots of antique shops. "
"Daar is baie meer in die dorp as wat ek gedink het met werklike mooi ou geboue en mooi bergagtige area aan die voet van Lesotho. "
"My geboortedorp, so natuurlik sal ek die verblyf in die area aanbeveel. Net jammer die plattelandse dorpe gaan so agteruit, maar dit lyk die beste in die omgewing. Kan sien dit is nog 'n boeregemeenskap."
"Ongelukkig het die dorp baie verval, het as kind altyd daar gaan vakansie hou, maar sien die plek kry (soos alle ander klein dorpies) swaar. Voel nie meer veilig om die eiland en rivier te besoek nie."
"Harrismith as dorp lyk nie baie goed nie. Die inwoners is baie vriendelik en behulpsaam."
"Heerlike atmosfeer en lekker kuierplek met tipiese Vrystaatse gasvryheid en heerlike restaurante."
"Die R26-pad kort dringend instandhouding. In sy huidige toestand is dit lewensgevaarlik om daarop te ry."
"Aangename plattelandse dorp met goeie winkels, restaurante en die rivier!"
"'n Heerlike en interessante naweekbesoekplek - selfs langer: daar is genoeg te sien en doen!"
"Dit is 'n wonderlike en vriendelike dorpie. Mens vergeet van die wêreld daarbuite en geniet elke oomblik daar. Sal weer en weer daarheen gaan."
"Ons is geniet die klein dorpies. Dit lyk altyd of tyd stil staan in sulke klein dorpies."