Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Beslis 'n moet vir elke persoon se "bucket list". Ons was vir amper 3 weke met vakansie, waarvan 3 nagte by Clarens was en die meeste geld wat ons gespandeer het was in Clarens. Kuierplekke wat besoek moet word: Grouse & Restaurant met 'n lekker warm kaggel saans, The Purple Onion Deli, Eat Cheese Deli, Clarens Brewery (free beer & cider tasting), The Bakery, Mushka vir lekker warm mohair sokkies, The Jacket Shop, Baris Monger Cheese farm op die Bethlehem-pad net buite Clarens, Die Koffiepot by iniBus oorkant Kiara Lodge, die oulike boekwinkel. Sugar & Cinnamon is ook 'n moet stop op pad Clarens toe. Daar is so baie wat ons nie gesien het nie en sal beslis die plekkie later vanjaar weer besoek. Ongelukkig was ons tyd net te kort om alles in en om Clarens ten volle te geniet, het eers die laaste dag die Zip-line, abseiling, archery ens. agter The Bakery raakgesien alhoewel dit geadverteer was, maar nie gespesifiseer was waar presies dit is nie. Negatiewe kommentaar: Ongelukkig het die drankwinkels wat oop was nie veel verskeidenheid van witwyne nie - veral Sauvignon Blanc, maar gelukkig kon dit by The Purple Onion Deli bekom word. Verskeie besighede in en om Clarens, onder andere die Noah's cheese farm & iniBus "Die Koffiewinkel" het op hul website aangedui dat hulle oop is net om al die pad soontoe te ry dan is dit toe, veral die Maandag, 29ste April."
"Beautiful small town, friendly people everywhere, safe and restaurants serve amazing food."
"Beautiful, peaceful, well run, friendly. An awesome destination to get away from it all."
"We are regular visitors to Clarens - it is definitely in our top 5 favourite destinations in SA."
"Was aangenaam verras om oral in Afrikaans bedien te word, 'n plek waarheen ons gereeld sal na terugkeer."
"Was so 'n groot verrassing om te sien wat Clarens bied. Ons eerste besoek en beslis nie die laaste.Die dorpe het iets vir almal. Eetplekke, art en crafts, kuns, aktiwiteite, ens. Beslis 'n besoek of 3 nodig om die area te verken."
"Bethlehem is n mooi ou dorp of stad wat die gewone stadsgeriewe lewer aan die rand van die Drakensberge. Dit is binne korte afstand van die pragtige Clarens dorpie. Bethlehem self se infrastruktuur is swak onderhou soos baie ander dorpe in Suid Afrika. Die paaie is swak, veral die N5 is teleurstellend. Die mall is goed voorsien van winkels, maar daar is geen flieks nie. Verder is Bethlehem 'n mooi vertrekpunt om die dorpe in die omgewing te verken."
"Oulike toevlug en wonderlike padstal op Harrismith pad uit, heerlike ontbyt en 5 ster diens by Cinnamon and Sugar. 'n Moet om te besoek vir geskenkies ens."
"Een van die mooiste dorpies in ons land. Soveel om te doen en soveel winkeltjies om deur te loop. Vat maar jou bank kaart saam want jy gaan die mooiste goedjies daar koop. Al die restaurante het heerlike kos en die micro brewery het heerlike bier en gin. Nie die eerste of laaste keer wat Clarens ons sien nie."
"Was gelukkig voorheen in Clarens en weet dis 'n baie mooi plekke alhoewel met hierdie besoek was dit regtig nat en koud so ons het maar verkies om snoesig te bly. "