Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7904 resensies.
"Peaceful town, friendly people. Petrol station on town's main road. Good midway stop between Johannesburg and Eastern Cape easily reached via N1."
"Die Op-die-stoep restaurant was baie oulik en kon steeds kos bedien al het hul beurtkrag gehad. "
"Heerlike vakansie atmosfeer en dorp bied baie in 'n platteland omgewing."
"Of jy met 'n motorfiets ry of 'n voertuig, jy sal Memel as 'n baie lekker plek kan vind om te oornag of vir 'n ruk te bly, die grondpaaie in die omgewing lei na die pragtigste passe en plekke om te sien."
"Ons het na die Konsentrasiekamp Begraafplaas gaan kyk van die Anglo Boere-oorlog en ja dit was hartseer. Die damwal se uitkykpunt was baie mooi. Ons het oor die Hennie Steyn-brug gery en dit is ook 'n moet sien. "
"Die dorp is 'n pragtige skoon plek en ons sal beslis weer daar besoek af lê."
"Ontsettende mooi ligging hoewel daar nie baie is in die vorm van aktiwiteite nie. Naby genoeg aan Clarens en Golden Gate om verskeie aktiwiteite te geniet. "
"Wat 'n oulike dorpie, hou van al die oudhede daar en die restaurantjies en al die winkeltjies is lekker om deur te stap en alles te bekyk. Wil definitief weer daar 'n draai maak."
"Bloemfontein het in die laaste 15 jaar baie agteruit gegaan wat onderhoud betref. Dis nie meer die mooi Rosestad wat ons as studente onthou nie!"
"Al die winkels is binne loopafstand beskikbaar. Dit is vinniger om winkels toe te loop as om te ry. Baie gerieflike en sentrale area om te bly."
"Clarens is waarlik 'n onvergeetlike en onbeskryflike dorpie, mens moet self dit beleef, woorde kan nie die wonderlike plek beskryf nie!"
"Die dorpie is baie plattelands, kos opsies is maar min. Kom voorbereid, of geniet regte kafee kos!"