Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 12223 reviews.
"Trompsburg se mooi is in die omgewing, en gerieflik naby snelweg na Kaap en Gariepdam."
"The town and shops was lovely, the golf course was awesome and well worth the visit and a second one in the future."
"Dit is so hartseer om te sien hoe Bloemfontein ook maar agteruitgaan. Slaggate in die strate en straatligte wat dood is - nogal in redelike hoofstrate."
"Die Munisipaliteit kan gerus meer doen om die dorp aantreklik te maak, siende dat daar so 'n groot toeriste-attraksie daar is. Dit het toevallig gereën die dag toe ons deur die buurte gery het en die toestande was uiters pateties! Bloemwater het die watertoevoer na die dorp afgesny omdat rekeninge nie betaal is nie. Watter ironie, terwyl die Gariepdam oorstroom het!"
"Klein dorpie, maar alles wat jy nodig het! Baie oulike restaurante. Sal ook Eagle River Rafting aanbeveel, was ‘n belewenis en vir seker die moeite werd, ‘n moet-doen."
"Ai, wat 'n voorreg om daardie massas water te sien, te hoor en te ruik! Dit is altyd 'n belewenis om natuurkragte in aksie te sien."
"Mooi natuurskoon en vars, Vrystaatse lug. Omgewing is prentjiemooi op die oomblik."
"Ongelukkig is dit baie stil, vermoedelik weens Covid-19, verskeie besighede is tans toe."
"Moenie uitstel nie, gaan geniet die mooi omgewing en vriendelike mense. Onthou om 'n draai te maak by Golden Gate Nasionale Park!"
"Die paaie is in 'n haglike toestand! Moet nie met 'n sportmotor aangedurf word nie."
"Mooiste mooi omgewing. Daar is ongelukkig heelwat plekke toe as 'n nadraai van die lockdown. Maar steeds 'n plek waarheen ons weer en weer sal gaan."
"The shops and restaurants we visited were obviously run by people that had a passion to serve their customers in a friendly and efficient manner, we had a super break from the city."
"One of the most beautiful little towns in South Africa. It has an infectious vibe and amazing culture. There are so many activities and stunning scenery. Not to mention great locally produced chocolate and ciders!"
"Die dorp het ons beïndruk. Daar is 'n kern gemeenskap wat die vlag in Fouriesburg laat wapper. Dankie. Die sandsteengeboue is regtig iets besonders."
"Parys was seker een van die skoonste dorpe waar ek nog aangedoen het. Al die mense was vriendelik en gasvry. Die slaggate in party paaie was net baie en moet beslis herstel word."