Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"It was nice and clean and peaceful, just not sure how it will be during high season. "
"Kon nie glo die dorp is so skoon en netjies nie. Restaurante is uit die boeke. Sal beslis weer daar gaan vakansie hou!"
"Dit is tans heeltemal te kommersieel. Hartenbos het so bietjie sy hart verloor. "
"Rustige dorp, veral as jy die natuur en mooie monding van die rivier wil geniet of as jy wil rus en stap en die natuur geniet. Net nog 'n plek in ons mooi land om te besoek."
"Ons sou graag nog in Nature's Valley wou kuier. Ons verblyf was regtig 'n positiewe ervaring. Baie lekker by die restaurant gekuier en geëet."
"My verwagtinge oortref aangesien ek vantevore verneem het van sosiale uitdagings daar."
"Groot Brakrivier is 'n bestemming vir enige iemand. Daar is soveel om te doen en die dorp is skoon, netjies en almal is vriendelik. Ons het heerlik geëet by Seeplaas, die ander hoogtepunt was die heerlike vars vis en tjips by 'n klein winkeltjie met die naam van Seemeeu Vis en Chips. "
"Stilbaai is 'n baie mooi, skoon, vriendelike en veilige dorp om in vakansie te hou. Sal graag weer besoek in die toekoms."
"Pragtige dorp. Rustig en skoon. Net jammer van die talle kinders wat bedel."
"Daar is darem so baie om te doen! Ons het die Kango Grotte besoek en Cango Ostrich Farm. Die volstruisplaas was absoluut fantasties! Die kinders het dit verskriklik baie geniet!"