Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9641 reviews.
"Dit is 'n ongelooflike mooi plek en het alles wat jy nodig het. Enige groot veranderinge sal die karakter van die dorpie en streek wegneem."
"De Rust se gasvryheid is alom bekend. Stop, staan oor, beleef, loop van die een interessante plek na die volgende en jy sal die kultuur van De Rust saam met jou neem. Dankie De Rust en die inwoners vir julle vriendelikheid en gasvryheid."
"I would have liked to spend more time in Sedgefield as there seems to be a lot more to do than there appeared to be in the past. It would be nice to explore it more."
"Ek ken die plek nie goed nie. Ek sal egter weer in die omgewing wil gaan kuier. "
"Hartenbos is 'n aangename dorp vir paasnaweek. Nie te besig nie. Dink egter Desember kan moontlik onaangenaam besig raak. Als is daar wat jy nodig het in die dorp."
"Die hoofstraat was baie besig wat vervoer van een plek na 'n ander bemoeilik het. Die dorp as sulks was toeganklik met al die voorraad wat jy nodig het. "
"Al die besighede was beskikbaar en het al die voorraad gehad wat ons benodig het. Dankie vir 'n wonderlike vakansie! Ons sien weer."
"Baie mooi dorpie. Ons het altyd slegs daar deurgery sonder om te besef hoe groot die dorp werklik is."