Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9641 reviews.
"Lovely clean town, people are friendly, the signage is excellent, the town caters for the tourists and visitors. Love the town."
"Ons het heelwat in die natuur rondgery en die Kangogrotte besoek. Dit was 'n lekker kuier in Oudtshoorn."
"Knysna se mense was vriendelik en het ons na al die plekkies verwys waarvan net locals sal weet. Sal Knysna beslis weer besoek."
"Ek weet daar 's baie om te doen in Oudtshoorn en die area - dalk 'n bestemming saam met die gesin vir 'n volgende keer."
"Ons het die meeste van ons tyd in Hartenbos spandeer, net een aand in Mosselbaai gaan uiteet."
"Ons het die Cango-grotte en Volstruisplaas baie geniet. Wilgewandel op pad terug van die Cango-grotte was fantasties vir die kinders. Hulle het hulle gate uit geniet daar. Skoon, netjiese dorp goed voorberei vir gaste."
"Die Tuinroete is soos altyd 'n baie goeie keuse vir vakansie of groepwerkswinkels omdat die omgewing so mooi is."
"Dit was verfrissend om so 'n pragtige, skoon dorp te sien waar geen slaggate in die pad is nie en alles werk, ook geen beurtkrag nie. En die mense is almal vriendelik. Dit was 'n wonderlike ervaring."
"Beautiful destination. Various activities for family and children which we enjoyed. The people are very friendly and helpful."
"Knysna bly 'n wêreldklasbestemming met te veel dinge om te doen en te sien. Boot rit na die Heads en restaurant by die Heads was van die hoogtepunte."
"Dit is 'n onverwagse stukkie eenvoud, met soveel rykdom om te bied. Die mense, staproetes en die see - veral tydens die teenwoordigheid van die walvisse, kan nie in geldwaarde beskryf word nie."