Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3077 resensies.
"Jukskei is close to Fourways bustle with the big advantage that this suburb is quiet and peaceful."
"Dinokeng het baie ontwikkelingsmoontlikhede. Dis 'n riem onder die hart om te weet daar is steeds mense wat die natuur wil bewaar. Dis net jammer van die openbare pad wat deurgaans verkeer deurlaat."
"Wilgeheuwel is vir ons plattelanders 'n droombestemming met al die winkelsentrums en top restaurante."
"Paaie is in 'n patetiese toestand. Het met my motor deur 'n slaggat gery aangesien daar ook nie voldoende straatbeligting is nie. Swak."
"Ongelooflike bestemming om wild te geniet en nog steeds naby die stad en lughawe te wees. Klomp restaurante in Dinokeng met variasie van lekker kos."
"Selfry-roete is by tye baie moeilik om te volg met nie al die paaie wat aangedui is nie, en die roete nommers dui nie orals aan wat die nr van die volgende baken is nie. Maar dit is ook lekker om net rond te ry as jy tyd het. "
"Ons het die bos en die wilde diere baie geniet, ons het die hele reservaat platgery en dit was wonderlik. Die kaart is moeilik om te verstaan, maar het meer sin begin maak soos wat ons die plek leer ken het. Toiletgeriewe is skraps. Dit is 'n heerlike bestemming, na aan Pretoria en ons sal beslis weer daar besoek aflê."
"Silverfields is a peaceful and clean neighbourhood, that is close to shops and places so you wont struggle getting around."
"Edenvale is vir ons eerder die mees geskikte en sentrale punt vir naby skole vir sport byeenkomste, Oliver Tambo Lughawe en die Mall of Africa."