Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Winkels is skraps en maak vroeg toe. Sorg dat jy meeste van als wat jy nodig het klaar het as jy laat inklok."
"Pragtige dorpie. Jy moet dit per voet verken om die mooi plekkies en al die rose te sien."
"Komende van die Karoo dit is 'n wonderlike lushof. Weet net nie of dit so sal wees vir die persone van die stede."
"'n Dorpie wat ons beslis weer gaan besoek. Dit het soveel om te bied en om elke hoek en draai wag 'n interessante verrassing."
"Was te kort in Richmond om te oordeel. Ek sou sê dat die huis waarin jy bly bepaal. Nie baie om te sien in Richmond nie, maar die ou tipiese Karoo-huise is baie aantreklik. Uiteraard as jy rus soek is dit die ideale plek."
"Bordeaux restaurant maak die lekkerste kos. Skaapribbetjie wat van die been afval. Sag en smaakvol. Word definitief aanbeveel. Prys ook nie te duur vir kwaliteit Karoo-skaap nie."
"Interesting little town off the beaten track, worth a short visit if you are interested in history and/or enjoy browsing in quaint shops."
"As jy daarvan hou om ongestoord klein, plattelandse dorpies met hulle pragtige, historiese argitektuur te verken, dan sal jy beslis van Vosburg hou. Die dorpie is pragtig skoon met 'n wonderlike ou-wêreldse bekoring."
"Ek glo met die inperkings, kan ons gerus meer ons eie land se dorpies gaan besoek. Dit bring ook die ekonomie weer terug in hierdie klein dorpies."
"Ons is bietjie teleurgesteld oor die dam, dit ruik nie baie lekker daar nie. Die dorpie is mooi skoon."
"Lekker plek om te ontlaai van die gejaagde omstandighede waar in ons elke dag lewe. Veilig."
"Uitsigte pragtig. Ligging van die eenhede baie goed geplaas om toegang tot die uitsig optimaal te benut."
"We didn't have the opportunity nor sufficient time to explore. What we did explore was well presented, clean, homely and warm."