Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Nêrens is die sterre so naby en die omgewing se anders mooi so besonders nie."
"Was al dikwels daar. Dit is vir seker een van die mooiste dorpe in ons land! Tog so jammer dat die strate deesdae tot so n swak toestand verval het."
"Ons het die gasvryheid van Merweville eerstehands ervaar. Van Thea wat spesiaal die petrolpomp moes kom oopsluit sodat ons na 2 kan petrol kry, tot rugby kyk by Colin en 'n hewige kuier daarna! En dan in die pikdonker, tjoepstil dorpie terugstap huistoe en die duisende sterre beleef. Ons kon ongelukkig nie enige van die winkeltjies besoek nie, aangesien als 2 uur toemaak en ons eers daarna daar aangekom het. Dit was 'n wonderlike besoek wat ons nog lank sal bybly."
"Die verloor van welvaart in die Karoodorpe is ooglopend maar die gastehuise is 'n ligpunt."
"Gaan besoek gerus die museum op die dorp. Dis interessant om Richmond uit 'n geskiedkundige oogpunt ook te sien."
"Vriendelike dorp met baie besienswaardighede. Jammer dat beurtkrag verskeie besighede in hul spore laat stuit. Koffiemasjiene en oonde werk nie, en sommige sluit eenvoudig hul deure, blykbaar omdat hul betalingsfasiliteite gedurende beurtkrag buite werking is. Baie sleg vir besigheid."
"Vriende het Xhariep aanbeveel Bo-oor Colesberg. Dalk nie die best reputasie nie, maar ek vind dit relatief aangenaam."
"Pragtige dorpie, baie om te doen. Goeie restaurante, ry oor Swartbergpas is baie besonders."
"Lekker plattelanse dorp om rustig te word. Geen gejaagheid, lieflike mense om tyd mee te geniet. Lekker."